Sesiumchloried is 'n sout van die alkalimetaal sesium en die suur waterstofchloried.

Kristalstruktuur Die stof het 'n eenvoudige kubiese struktuur met 'n primitiewe kubiese rooster. Dit het een formule-eenheid per sel (Z=1) en 'n Cs atoom in die (1a) Wyckoff-posisie (0,0,0) en 'n Cl atoom in die 1b posisie (½,½,½). Hierdie stof is die argetipe van die B2-struktuur in die strukturbericht-klassifikasie. Daar is talle stowwe wat hierdie tipe struktuur het of 'n struktuur wat hiervan afgelei is.

Dit is 'n stof met ioniese binding. Die -katioon word omring deur 'n kubus van agt chloried-anione. Die anioon word ook deur 'n kubus van katione omring.

Biologiese eienskappe Sesiumchloried is in kankerterapie aangewend asook in eksperimentele modelle wat ventrikulêre aritmie opwek. Blootstelling aan die stof oor 270 dae veroorsaak egter breuke in die DNS van muise wat die genotoksiese en sitotoksiese eienskappe van hierdie stof demonstreer.Study of DNA strand breaks ans apoptosis in spleen cells of mice continuously exposed to non-radioactive cesium chlorde in: Metal Ions in Biology and Medicine: Les Ions Métalliques en Biologie Et en Médecine, Volume 9, John Libbey Eurotext, 2006, ,

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings