Die Martin Maryland was 'n tweemotorige bomwerper wat deur Amerika ontwerp en gebou is maar deur die Britse- en Armée de l'Air gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. In Amerika het die vliegtuig as die Martin 167 bekend gestaan. Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 14 Maart 1939 voltooi. Die Armée de l'Air het 'n bestelling van 215 vliegtuie geplaas in 1939. Die eerste vliegtuie is in Oktober 1939 aan hulle afgelewer. Die vliegtuig is vervang deur die Martin Baltimore.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Martin Maryland Model 167F van Franse Lugmag: Item Statistiek Aantal motors2 Tipe motorSkroef VervaardigerPratt & Whitney R-1830-S1C3-G Twin Wasp stermotor Kraglewering per motor1 050 perdekrag Vlerkspan18,69 m Lengte14,22 m Hoogte3,07 m Normale opstygmassa6,939 kg Maks. snelheid489 km/h op 4 267 m Operasionele hoogte8 992 m Togafstand2 092 kmBewapeningTwee 0.30 masjiengewere in elke vlerk en een elk in dorsale- en ventraleskiettorings. Bomvrag567 kg in bomlaai

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog