Juno was in die Romeinse mitologie ’n godin en die beskermer van die staat. Sy was die dogter van Saturnus, die suster en vrou van die hoofgod, Jupiter, en die ma van Mars en Vulcanus. Sy het ook ’n ogie oor die vroue van antieke Rome gehou.Corbishley, Mike Ancient Rome Warwick Press 1986 p.62

As die beskermgodin van Rome en die Romeinse Ryk is sy Regina ("Koningin") genoem en is sy saam met Jupiter en Minerva as ’n triade op die Kapitolynse Heuwel in Rome aanbid. Juno se eweknie in die Griekse mitologie was Hera, die vrou van Zeus.Larousse Desk Reference Encyclopedia, The Book People, Haydock, 1995, p. 215.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Romeinse mitologie