Eugen Böhm Ritter von Bawerk ([bøːm ˈbaːvɛʁk], * 12 Februarie 1851 in Brünn (Brno) as Eugen Böhm; † 27 Augustus 1914 in Kramsach, Tirol; dikwels kort Eugen von Böhm-Bawerk genoem) was 'n Oostenrykse ekonoom wat 'n beduidende bydrae tot die vestiging van die sogenaamde Weense Skool, een van die belangrikste denkrigtings in die moderne ekonomie, gelewer het. Hy word daarnaas as grondlegger van die Oostenrykse kapitaalteorie beskou.Mises Institute: Eugen von Böhm-Bawerk. Besoek op 9 April 2017
Von Böhm-Bawerk het in die tydperk tussen 1895 en 1904 verskeie kere die amp van Oostenrykse minister van finansies beklee. Sy belangrikste werke sluit 'n reeks uitgebreide kritiese ontledings van marxisme in.
Verwysings
Kategorie:Oostenrykse ekonome Kategorie:Geboortes in 1851 Kategorie:Sterftes in 1914