Neptunus was in die Romeinse mitologie die god van vars water en die see.J. Toutain, Les cultes païens de l'Empire romain, vol. I (1905:378). Sy eweknie in die Griekse mitologie was Poseidon.Larousse Desk Reference Encyclopedia, The Book People, Haydock, 1995, p. 215. In die Griekse tradisie was Neptunus die broer van Jupiter en Pluto; die broers het oor die drie ryke van die heelal geheers: die lug, water en onderwêreld.Raymond Bloch, "Quelques remarques sur Poseidon, Neptunus et Nethuns" in Comptes-rendus des séances de l' Académie des Inscriptions et Belles-Letres 2 1981 pp. 341–352.
Uitbeeldings van Neptunus op Romeinse mosaïeke, veral dié van Noord-Afrika, is beïnvloed deur Hellenistiese konvensies.Alain Cadotte, "Neptune Africain", Phoenix 56.3/4 (Herfs/Winter 2002:330-347)
Verwysings
Kategorie:Romeinse mitologie