duimnael|regs|225px|INRI, 'n akroniem vir Iesus Nazarenus Rex Iudaeorum (Jesus van Nazareth, koning van die Jode)
'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word, byvoorbeeld VIGS (Verworwe immuniteitsgebreksindroom).
Meer formeel: 'n Akroniem is 'n naamwoord wat gevorm word deur die saamtrekking van die beginletters (of vernaamste letters) van meerwoordige name en gesamentlik presies soos 'n woord gelees en uitgespreek word.
'n Akroniem wat volgens die alfabetname van die lettters uitgespreek word, word 'n letternaamwoord genoem. Byvoorbeeld; BA, VLU, WNNR, EFF.
Wanneer die akroniem as 'n woord uitgespreek word, word dit 'n letterklankwoord genoem. Voorbeelde is Avbob (Afrikaanse Verbond Begrafnisondernemers Beperk), Sasol, en Absa).
Die volgende bronne kan geraadpleeg word vir lyste van akronieme wat tans in algemene gebruik is. Müller, D en Pistor, S. Skryf Afrikaans van A tot Z. Die essensiële gids vir taalgebruikewrs. 2011. 2de uitg. Kaapstad: Pharos Woordeboeke. HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 2005. 5de uitg. Kaapstad: Pearson Education.
Voorbeelde
A ABBA – Agnetha, Benny, Björn, Anni-Frid (Sweedse popgroep) ABSA – Geamalgameerde Banke van Suid-AfrikaBeeld se koerantargiewe , besoek op 12 Mei 2014 ASCII – American Standard Code for Information Interchange (Amerikaanse Standaardkode vir Inligtingsuitruiling) Assocom – Association of Chambers of Commerce (Verenigde Kamers van Koophandel) Avbob – Afrikaanse Verbond Begrafnisonderneming Beperk Azapo – Azanian People's Organization
B BENELUX – België, Nederland en Luxemburg
C Cosas – Congress of South African Students Cosatu – Congress of South African Trade Unions
D Dalro – Dramatiese, Artistieke en Letterkundige Regte-Organisasie
E ESKOM – vroeër EVKOM: Elektrisiteitsvoorsieningskommissie ESSA – Engelssprekende Suid-Afrikaner
F FEDUSA – Federation of Unions of South Africa (Federasie van Suid-Afrikaanse Vakbonde) FICA – Financial Intelligence Centre Act (Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum) FIFA – Fédération Internationale de Football Association – Internasionale Voetbalfederasie Foskor – Fosfaat-Ontginningskorporasie
G Gear – Growth, Employment and Redistribution Strategy – Strategie vir Groei, Werkverskaffing en Herverdeling Gestapo – Geheime Staatspolizei GISA – Genealogiese Instituut van Suid-Afrika
H HAT – (Verklarende) Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
I INRI – Iesus Nasarenus Rex Iudaeorum (Jesus die Nasarener, (die) koning van die Jode) INTAK – Instituut vir Taal- en Kunstenavorsing Intelsat – Internasionale Telekommunikasiesatelliet-organisasie Interpol – Internasionale Kriminele Polisiekommissie
K KEEM – Kantoor vir Ernstige Ekonomiese Misdrywe KODESA – Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika Komintern – Kommunistiese Internasionale Komsat – Kommunikasiesatelliet KONTRALESA – Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika Kruik – Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste Krygkor – Krygstuigkorporasie van Suid-Afrika
L Laser – Light Amplification by Stimulated Emission of Radiation (ligversterking deur gestimuleerde uitlaat van straling)
M MEDUNSA – Mediese Universiteit van Suid-Afrika MEMA – Moderne Evangelisasiemedia in Afrika MINTEK – Raad vir Mineraaltegnologie
N NAPOSA – Nasionale Professionele Onderwysorganisasie van Suid-Afrika Naruk – Natalse Raad vir Uitvoerende Kunste NASA – National Aeronautics and Space Administration (Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie) Natref – Nasionale Olieraffinadery van Suid-Afrika NAVO – Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie NEDLAC – National Economic, Development and Labour Council (Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad NEOAR) NEPAD – New Partnership for Africa's Development (Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling) Nimro – Nasionale Instituut insake Misdaadvoorkoming en Rehabilitasie van Oortreders NOIK – Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie NOKSA – Nasionale Olimpiese Komitee van Suid-Afrika NUMSA – Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika Nusas – Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente
O OBSA – Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika OPUL – Organisasie van Petroleumuitvoerlande
P PAGAD – People Against Gangsterism and Drugs PanSAT – Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad PEN – International Association of Poets, Playwrights, Essayists, Editors, Novelists PIN – Persoonlike Identifikasienommer Polkol – Suid-Afrikaanse Polisiekollege POP – Progressiewe Onafhanklike Party POPCRU – Police and Prisons Civil Rights Union (Burgerregtevereniging van die Polisie en Gevangenis ook Polisie- en Gevangenisvakbond) POTS – Private Outomatiese Taksentrale
R Radar – Radio Detecting and Ranging RAU – Randse Afrikaanse Universiteit RAVO – Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys Renamo – Resistência Nacional Moçambicana (Nasionale Mosambiekse Weerstandsbeweging) Rica – Regulation of Interception of Communications and Provision of Communication-related Information Act (Wet op die Onderskepping van Inligting en Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting) RISA – Recording Industry of South Africa (Opnamebedryf van Suid-Afrika) Roep – Red Ons Eie Platteland
S Sabek – Suid-Afrikaanse Besigheidskamer Sabinet – Suid-Afrikaanse Bibliografiese en Inligtingsnetwerk Sacos – South African Council for Sport Sadou – Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie Saivert – Suid-Afrikaanse Instituut vir Vertalers en Tolke SAKO – Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid Sakruk – Suid-Afrikaanse Koördinerende Raad vir die Uitvoerende Kunste SALM – Suid-Afrikaanse Lugmag Salu – Suid-Afrikaanse Landbou-Unie SAMRO – Suid-Afrikaanse Musiekregte-Organisasie Sanab – Suid-Afrikaanse Narkotikaburo SANAE – Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie Sanlam – Suid-Afrikaanse Nasionale Lewens-assuransie-maatskappy Sanok – Suid-Afrikaanse Nasionale Olimpiese Komitee Sanra – Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels Sanral – South African National Roads Agency Ltd (Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Beperk)) Santam – Suid-Afrikaanse Nasionale Trust- en Assuransiemaatskappy SAOU – Suid-Afrikaanse Onderwysersunie SAPA – Suid-Afrikaanse Persagentskap SARS – South African Revenue Service (Suid-Afrikaanse Inkomstediens – SAID) Sarvu – Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie SASO – Suid-Afrikaanse Studente-organisasie SASOL – Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie Sasvia – Suid-Afrikaanse Studentevereniging in Amsterdam Satoer – Suid-Afrikaanse Toeristekorporasie Saval – Suid-Afrikaanse Vereniging vir Algemene Literatuurwetenskap SAVLU – Suid-Afrikaanse Vroue-Landbou-Unie Sensal – Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing Sirsa – Sielkundige Instituut van die Republiek van Suid-Afrika SKA - Square Kilometre Array (Kilometer vierkant radioteleskoopprojek) SKOOR – Staande Komitee oor Openbare Rekeninge Scuba – Self-Contained Underwater Breathing Apparatus SOEKOR – Suidelike Olie-eksplorasiekorporasie Sonar – Sound Navigation and Ranging SUKOVS – Streekraad vir die Uitvoerende Kunste in die Oranje-Vrystaat
T Truk – Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste
U UKOR – Uraanverrykingskorporasie UKOVS – Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat UNESCO – United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation UNICEF – United Nations Children's Fund (Verenigde Nasies se Kinderfonds) UNISA – Universiteit van Suid-Afrika UNIWES – Universiteit van Noordwes UNIZUL – Universiteit van Zoeloeland
V VRUK – Vrystaatse Raad vir die Uitvoerende Kunste VOO - Verderde Onderwys Opleiding
W WASP – Wit Angel-Saksiese Protestant WAT – Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Y Yskor – Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie Beperk
Z ZAR – Zuid-Afrikaansche Republiek ZARP – Zuid-Afrikaansche Republiek Politie
Verwysings
Bronnelys Carstens, W.A.M. & Bosman. N. (reds.). 2014. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik. Müller, D en Pistor, S. Skryf Afrikaans van A tot Z. Die essensiële gids vir taalgebruikewrs. 2011. 2de uitg. Kaapstad: Pharos Woordeboeke. HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 2005. 5de uitg. Kaapstad: Pearson Education. Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 2009. Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Kaapstad: Pharos
Eksterne skakels
Kategorie:Taalkunde Kategorie:Woordvorme