Hierdie artikel handel oor die boksoort. Vir die dorp in die Noord-Kaap, sien Springbok, Noord-Kaap, en vir die nasionale rugbyspan, sien Springbokke.
Die springbok (Antidorcas marsupialis) is 'n klein, bruin-en-wit wildsbok wat in die westelike dele van Suider-Afrika aangetref word.
Volwasse springbokke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm. Springbokramme weeg 33–56 kg, terwyl ooie 'n gewig van 25–40 kg kan bereik. Die ram het horings wat tot 48 cm lank kan wees. Springbokke bereik 'n spoed van 80–90 km/h, terwyl hul naam op hul springvermoë dui: hulle kan 3,5 m hoog en tot 15 m ver spring.
Springbokke kom voor in die droë binnelandse gebiede van Suider-Afrika en was eens op 'n tyd volop hier. Weens die jag op hulle en die menslike besetting van hul woongebied is daar egter vandag aansienlik minder oor.
Die ooi is tussen 5,5 en 6 maande dragtig, waarna 'n enkele lammetjie gewoonlik in November gebore word. Springbokke het 'n moontlike lewensduur van tien jaar.
Nasionale embleem duimnael|links|Posseël van die Unie van Suid-Afrika, 1923 Die springbok was vroeër die nasionale sportembleem van Suid-Afrika. Die tradisie het sy oorsprong in die 1906–1907-rugbytoetsreeks in Engeland. Ná die afskaffing van apartheid is die embleem ook afgeskaf omdat dit vir baie 'n simbool van onderdrukking is. Danksy die ingryping van Nelson Mandela is die embleem egter behou vir die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan, terwyl die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan se bynaam in Proteas verander is en nou dié blom as sy embleem gebruik. Dit is die nasionale soogdier van Suid-Afrika.
In 1997 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens weggedoen met die springbok as sy embleem; springbok is egter steeds dié lugredery se roepsein.
Fotogalery
Sien ook Lys van Nasionale Simbole van Suid-Afrika Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Verwysings
Bronne Databasisinskrywing gee kort verdediging hoekom hierdie spesie nie bedreigd is nie. Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. .
Eksterne skakels
Kategorie:Nasionale simbole van Suid-Afrika Kategorie:Wildsbokke