duimnael|links|'n Buiteruimse driepoot – 'n illustrasie uit 'n 1906 Franse weergawe van H.G. Wells se The War of the Worlds. The War of the Worlds is 'n klassieke wetenskapfiksieverhaal geskryf deur H.G. Wells in 1898. Die verhaal beskryf die gebeurtenisse wanneer ruimtewesens van Mars die Aarde inval en probeer oorneem, en word vertel vanuit die oogpunt van die hoofkarakter, 'n Londense skrywer.

'n Groot aantal boeke, films, televisiereekse en strokiesverhale wat op elemente vanuit Wells se boek gebaseer is, het intussen die lig gesien: Die mees onlangse voorbeeld hiervan is 'n film deur Steven Spielberg met dieselfde titel as die boek. Die hoofrolle word vertolk deur Tom Cruise en Dakota Fanning.

Sien ook Le Monde se 100 boeke van die eeu

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Engelse boeke