Die NZASM 19 Tonner 0-4-2T van 1891 is 'n negentiende-eeuse stoomlokomotief van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), die voormalige Transvaal-provinsie.
In 1891 en 1892 bestel die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (NZASM) 24 19-ton tenklokomotiewe. Die lokomotief is deur die Duitse firma Maschinenfabrik Esslingen ontwikkel. Hulle het 18 van die lokomotiewe gebou en die ander 6 lokomotiewe is deur die Nederlandse firma Machinefabriek Breda v/h Backer & Rueb gebou. Die lokomotiewe is in diens gestel voordat die Randtrem se spoornet met die buitelandse spoornetwerke verbind is.
Ná die Tweede Vryheidsoorlog is die lokomotiewe aan die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) oorgedra. Tussen 1906 en 1909 is tien van die lokomotiewe deur die CSAR as spoormotorenjins vir gebruik op voorstedelike dienste herbou.CSAR General Manager's Report, Uittreksels van die jaarverslae vir 1906, 1907, 1908 & 1909.
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine