Die nasionale vlag van Sri Lanka (Singalees: ශ්‍රී ලංකාවේ ජාතික කොඩිය, Śrī Laṃkāvē jāthika kodiya; Tamil: இலங்கையின் தேசியக்கொடி, Ilankaiyin teciyakkoṭi) is op 22 Mei 1972 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon op die wapperkant ’n donkerrooi reghoekige paneel met ’n geel fraiing waarop ’n geel leeu staande met ’n swaard regop in die regtervoorpoot en ’n geel pappelvyblaar in elke hoek is, en aan die vlagpaalkant twee vertikale bane in groen (naaste aan die vlagpaal) en oranje, saam met ’n geel fraiing.

Simboliek duimnael|links|Die Sri Lankaan Jayanthi Kuru Utumpala hys die vlag van Sri Lanka op die bergspits van Berg Everest duimnael|links|Die vlag wapper by ’n sportbyeenkoms in Colombo, Sri Lanka Die nasionale vlag van Sri Lanka stel die landen haar erfenis voor as saamtrekpunt wat die minderhede met die meerderheidsras integreer. Die meeste simbole in die vlag het kenmerkende betekenisse. Die leeu stel die dapperheid van die Singalese voor; die pappelvyblare stel die vier deugde van Boeddhisme voor, te wete vriendelikheid, medelye, simpatieke vreugde en gelatenheid; die swaard van die leeu stel die nasie se soewereiniteit en die dapperheid van die volk voor; die krulhare op die leeu se kop stel geloofshandhawing, wysheid en meditasie voor; die agt hare op die leeu se stert stel die Edel Agtvoudige Pad voor; die leeu se maanhare stel die reinheid van woorde voor; die swaard se handvatsel stel die elemente wat die land opmaak, te wete water, vuur, lug en aarde voor; die leeu se neus stel intelligensie voor; die leeu se twee voorpote stel reinheid in die hantering van rykdom voor; die oranje vertikale baan stel die Sri Lankaanse Tamils voor; die groen vertikale baan stel Islam en die More voor; die geel fraiing rondom die vlag stel die eenheid van alle Sri Lankane voor; en die donkerrooi agtergrond stel die Singalese etniese meerderheid voor.

Skema BetekenisLeeuSingalese volkPappelvyblareVier deugde van Boeddhisme: vriendelikheid, medelye, simpatieke vreugde en gelatenheidSwaard van die leeuNasie se soewereiniteit en die dapperheid van die volk voorKrulhare op die leeu se kopGeloofshandhawing, wysheid en meditasieAgt hare op die leeu se stertEdel Agtvoudige PadLeeu se maanhareReinheid van woordeSwaard se handvatselElemente van die land opmaak: water, vuur, lug en aardeLeeu se neusIntelligensieLeeu se twee voorpoteReinheid in die hantering van rykdomOranje vertikale baanSri Lankaanse TamilsGroen vertikale baanIslam en die MoreGeel fraiing rondom die vlagEenheid van alle Sri LankaneDonkerrooi agtergrondSingalese etniese meerderheid

Geskiedenis Toe Vijaya, Sri Lanka se eerste koning, in 486 v.C. vanaf Indië in Sri Lanka aangekom het, het hy ’n vlag met ’n leeusimbool met hom saamgeneem. Sedertdien speel die Leeu ’n belangrike rol in Sri Lanka se geskiedenis. Dit is wyd deur ’n Noord-Indiese prins, wat ’n aanhanger van Vijaya was, gebruik en dit het gevolglik ’n simbool van vryheid en hoop geword. Toe koning Dutugemunu in 162 v.C. op ’n veldtog vertrek het en waartydens hy die Suid-Indiese invaller Elara wat oor die noordelike deel van die eiland geheers het, oorrompel het, het hy ’n banier waarop ’n leeu met ’n swaard in sy regtervoorpoot, asook die son en maan verskyn het, by hom gehad.

Die banier is tot 1815 gebruik toe die heerskappy van die laaste koning van die Koninkryk Kandy, koning Sri Vikrama Rajasinha, beëindig is toe hy op 2 Maart die Kandykonvensie geteken het waardeur koning George III van die Verenigde Koninkryk as koning van Ceylon verklaar is en waardeur die Leeuvlag deur die Unievlag as die nasionale vlag van Ceylon vervang is. Die regering van Brits-Ceylon het ’n eie vlag gebruik, te wete ’n blou Britse Vaandel met ’n wapen vir Ceylon op die wapperkant. Die Leeuvlag is na Engeland geneem en by die Koninklike Hospitaal Chelsea gehou.

Soos die Sri Lankaanse onafhanklikheidsbeweging momentum gekry het in die vroeë 20ste eeu, het E.W. Perera, ’n prominente figuur in die onafhanklikheidsbeweging, met behulp van D.R. Wijardene, die persbaron, die oorspronklike Leeuvlag in Chelsea ontdek. ’n Afbeelding daarvan is gevolglik in ’n spesiale uitgawe van die koerant Dinamina gepubliseer om 100 jaar sedert die einde van Sri Lankaanse onafhanklikheid te gedenk. Die Leeuvlag het toe die middelpunt van die publiek se aandag geword. Vir die eerste maal sedert die val van die Koninkryk Kandy het hulle die vlag onder oë gekry.

Die vlag is in 1948 aangepas as die vlag van die Heerskappy Ceylon, met veranderinge wat in 1953 en weer in 1972 aangebring is. Gedurende dieselfde jaar is vier blare van die pappelvyboom onder die leiding van Nissanka Wijeyeratne tot die vier hoeke van die nasionale vlag van Sri Lanka toegevoeg. Wijeyeratne was toe die Permanente Sekretaris vir die Departement Kulturele Sake asook voorsitter van die Komitee vir die Nasionale Embleem- en Vlagontwerp. Voor 1972 waas daar voorwerpe wat spiespunte voorgestel het in die vier hoeke van die vlag. Die vier pappelvyblare wat deur Wijeyeratne toegevoeg is weerspieël die beginsels van Mettja (liefderyke vriendelikheid), Karuna (deernis), Upeksha (gelykmatigheid) en Muditha (tevredenheid). Amara Samara in Sinhala . Rivira, URL besoek op 4 Januarie 2009. Salueer die Vlag . URL besoek op 4 Februarie 2009.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Sri Lanka by Flags of the World

Sri Lanka Kategorie:Sri Lanka