Henry John Deutschendorf Jr (31 Desember 1943 – 12 Oktober 1997), beter bekend as John Denver, was 'n Amerikaanse musikant, sanger-liedjieskrywer, musiekregisseur, aktivis, akteur, en filantroop, wat groot kommersiële sukses as 'n solosanger behaal het in die 1970's. Hy was een van die gewildste akoestiese musiek-kunstenaars van dié dekade en een van die besverkopende kunstenaars. Teen 1974, was hy goed gevestig as Amerika se besverkopende kunstenaar, en AllMusic beskryf Denver as "een van die geliefdste kunstenaars van sy tyd". Hy het in 'n militêre familie grootgeword en op verskeie plekke gewoon. Denver begin sy musiekloopbaan in folkmusiek in die laat 1960's. Denver het ongeveer 300 liedjies opgeneem en uitgereik, sowat 200 waarvan hy self komponeer het, met totale albumverkope van 33 miljoen.

Verwysings

Bronne 20px|linksHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia-artikel vertaal

Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Sterftes in 1997