Kösem Sultan, ook bekend as Mahpeyker Sultan (1589 – 2 September 1651) was een van die magtigste vroue in die Ottomaanse geskiedenis. Toe Kösem die vrou van Sultan Ahmet I geword het, het sy as Haseki Sultan (Imperiale gade) mag en invloed binne die politiek van die Ottomaanse Ryk behaal.

Sy was ook die Valide Sultan (Imperiale moeder) onder die Sultans Murat IV en Ibrahim. Sy was ook die grootmoeder van Sultan Mehmet IV. Kösem het van 10 September 1623 tot 18 Mei 1632, tydens die nuwe regering van haar minderjarige seun Murat IV, as die amptelike regeerder van die Ottomanse ryk gedien.

Kösem was van Griekse afkoms. Haar vader was 'n priester op die eiland Tinos, daar word gespekuleer dat haar nooiensnaam Anastasia was. Sy is deur die Bosniese goewerneur as 'n slaaf gekoop, en op die ouderdom van vyftien is sy na die harem van Sultan Ahmet I gestuur. Na haar bekering tot Islam het sy haar naam na Mahpeyker verander. Later het Ahmet I haar naam na Kösem verander.

Bronne

Kategorie:Ottomaanse Ryk Kategorie:Geboortes in 1589 Kategorie:Sterftes in 1651