Die werkwoordstyd of tempus /tɛmpus/ (Latyn vir "tyd"; meervoud: tempora /tɛmpɔra/) handel oor watter tyd of tydsfase uit die oogpunt van die spreker of skrywer 'n gebeurtenis plaasvind. Dit word dan ook hoofsaaklik uitgedruk deur die werkwoord. Dit vorm 'n belangrike deel van die Afrikaanse taalleer.
Tydvorme Afrikaans, Engels en Duits Afrikaans Engels Duits Onvoltooide teenwoordige tyd Simple present tense Präsens Voltooide teenwoordige tyd Present perfect tense Perfekt Onvoltooide verlede tyd Simple past tense Präteritum Voltooide verlede tyd Past perfect tense Plusquamperfekt Onvoltooide teenwoordige toekomende tyd Simple future tense Futur I Voltooide teenwoordige toekomende tyd Future perfect tense Futur II Onvoltooide verlede toekomende tyd Conditional present Konjunktiv II met Futur I Voltooide verlede toekomende tyd Conditional perfect Konjunktiv II met Plusquamperfekt
Let wel: Bogenoemde tabel is deur D.J. Potgieter uit die Nederlandse tydvorme (Afrikaans se stamtaal) aangepas om vertaling in en uit Afrikaans met ander Wes-Germaanse tale en tydvorme te vergemaklik. Afrikaans se Voltooide teenwoordige tyd en onvoltooide verlede tyd word in der waarheid net soos in Suid-Duits, Frans, Italiaans, Spaans en Portugees as 'n geheel behandel (die Romaanse tale beskik wel oor 'n bykomende literêre verlede tyd).
Die werklike indeling lyk dus so:
Afrikaans Engels Duits Onvoltooide teenwoordige tyd Simple present tense Präsens Voltooide teenwoordige enonvoltooide verlede tyd Present perfect tense Perfekt Simple past tense Präteritum Voltooide verlede tyd Past perfect tense Plusquamperfekt Onvoltooide teenwoordige toekomende tyd Simple future tense Futur I Voltooide teenwoordige toekomende tyd Future perfect tense Futur II
NOTA: Die voltooide teenwoordige tyd, die onvoltooide verlede tyd en die voltooide verlede tyd het almal in die bedrywende (aktiewe) vorm saamgesmelt en toon oënskynlik slegs een gemerkte verledetydsvorm, dié van die voltooide teenwoordige tyd. So gebruik hulle almal bv. "het gesien". Tog verskil die voltooide verlede tyd se lydende vorm (passief) opmerklik van die voltooide teenwoordige tyd en die onvoltooide verlede tyd s'n ("was" word hier gebruik, nie "is" nie). Dit is daarom onjuis om aan te voer dat tempusverlies (verlies van tydsvorm) by die voltooide verlede tyd heeltemal plaasgevind het. Die voltooide verlede tyd word om hierdie rede in die tabel hierbo afsonderlik aangedui.
Historiese teenwoordige tyd (praesens historicum) BELANGRIK: Bywoorde van tyd beïnvloed die gebruik van tyd in sinne. Reeds, toe en al word dikwels gebruik saam met 'n werkwoord in die teenwoordige tyd om die verlede tyd aan te dui. Dit verkort die sinne heelwat. Een voorbeeld is Toe sien ek hom wat presies dieselfde beteken as Toe het ek hom gesien. As die tyd van die handeling reeds in die eerste sin van byvoorbeeld 'n paragraaf in die verlede tyd aangedui is, het die skrywer nie nodig om enduit woorde in die verlede tyd te stel nie. Die skrywer kan dan, met die uitsondering van was, alle werkwoorde in die teenwoordige tyd aandui en bywoorde van tyd in die verlede tyd uitdruk. Byvoorbeeld: Ek het op die sypaadjie gestaan. Toe kom die motor vinnig om die draai en ry vas teen die lamppaal. Daar was 'n harde slag. Ek draai om. 'n Konstabel stap oor van die anderkant van die straat en kyk na die motor en die insittendes. Toe draai hy na my. Hy vra: "Het u die ongeluk gesien?" Toe sê ek nee, ek het na die winkelvenster gekyk. I was standing on the pavement. Then the car came rapidly round the corner and rode slap into the lamppost. There was a loud noise. I turned around. A policeman stepped over from the other side of the street and looked at the car and its occupants. The he turned to me. He asked: "Did you see the accident?" Then I said no, I was (or had been) looking at the shopping window.Aangepas uit: Burgers, M.P.O. 1957. Teach youself Afrikaans. London: The English University Press, bl. 118-119.
Die historiese teenwoordige tyd kom algemeen in Afrikaans voor, veral in verhale. Iets wat in die verlede gebeur het, word beskryf asof dit pas gebeur, m.a.w. die vorm is dié van die teenwoordige tyd, maar die betekenis dié van die verlede tyd. Dit word gebruik om die realisme van die verhaal te verhoog.Potgieter, D.J. 1942. Juta se Nuwe Afrikaanse Grammatika vir Middelbare Skole. Kaapstad: Juta en Kie, bl. 147 Ek neem toe my boeksak, pak my boeke in, groet vir Moeder, en stap skool toe. Toe ek daar kom, sien ek dat die klok reeds gelui het en ek laat was. Die onderstreepte sinsdeel toon 'n voltooide verlede tyd (die klok het reeds gelui voordat die spreker/verteller by die skool aangekom het) binne die historiese teenwoordige tyd. Die sien is reeds 'n wenk dat die spreker die klok nie gehoor het nie, maar byvoorbeeld op 'n verlate skoolterrein afgekom het, of gesien het die leerders staan reeds in hul rye. Het daar egter gestaan, ...Toe ek daar kom, lui die klok en ek stap vinnig by die hek in wyk die verlede tyd nie af nie. Die spreker/verteller is steeds betyds.
Omskakeling van bedrywende na lydende sinne LW: die onderstaande tabelle fokus alleen op die werkwoord:
Onvoltooide teenwoordige tyd, bedrywend:
Ek koop (die huis). Onderwerp werkwoord (voorwerp)
Onvoltooide teenwoordige tyd, lydend:
Ruweg omgekeer: (die huis) word gekoop deur my. (voorwerp) werkwoord Onderwerp
Beter uiteengeset (werkwoord aan die einde): (die huis) word deur my gekoop. (voorwerp) (hulp)werkwoord Onderwerp werkwoord
Passiewe Let wel: eenvoudige passiewe (lydende vorme) in die onvoltooide teenwoordige tyd kan op twee maniere uitgedruk word:
Uit die bedrywende vorm...
Die wolf byt die hond.
...is die volgende lydende vorme korrek:
Die hond word gebyt deur die wolf. Die hond word deur die wolf gebyt.
Wes-Germaanse tydstabelle Vorgangspassiv en Zustandspassiv In onderstaande tabelle word 'n vergelyking gemaak tussen Afrikaans, Duits, Nederlands en Engels. By Duits en Afrikaans wil dit voorkom of daar twee passiewe is wat gedeel word.
Die Vorgangspassiv – verwys na die passief wat klemlê op die proses (dikwels aangedui deur -word). Die Zustandspassiv – verwys na die passief wat klemlê op die resultaat (van die proses) (dikwels aangedui deur -wees)
Dit wil ook voorkom of die veronderstelde Zustandspassiv in Nederlands en Engels afwesig is.
Onvoltooide teenwoordige tyd In Bedrywende/Aktiewe vorm (Präsens, Onvoltooide teenwoordige tyd, Simple present tense) van sien Afrikaans Duits Nederlands Engels ek sienPotgieter, D.J. 1942. Juta se Nuwe Afrikaanse Grammatika vir Middelbare Skole. Kaapstad: Juta en Kie, bl. 149 (Gebaseer op "Vervoeging van Werkwoord Kies"-tabel). ich sehe ik zie I see jy sien du siehst jij, je ziet you see hy, sy, dit sien er, sie, es sieht hij, zij, het ziet he, she, it sees ons sien wir sehen wij, we zien we see julle sien ihr seht jullie zien you see hulle sien sie/Sie sehen zij, ze zien they see
By die onvoltooide teenwoordige tyd word "Ek sien" in die bedrywende vorm (aktief) omgeskakel na "Ek word gesien" in die lydende vorm:
In Lydende/Passiewe vorm (Präsens, Onvoltooide teenwoordige tyd, Simple present tense)van sien Afrikaans Duits Nederlands Engels ek word gesien ich werde gesehen ik word gezien I am seen jy word gesien du wirst gesehen jij, je wordt gezien you are seen hy, sy, dit word gesien er/sie wird gesehen hij, zij, het wordt gezien he, she, it is seen ons word gesien wir werden gesehen wij worden gezien we are seen julle word gesien ihr werdet gesehen jullie worden gezien you are seen hulle word gesien sie/Sie werden gesehen zij worden gezien they are seen
Meer volledig: + In Lydende/Passiewe vorm (Präsens, Onvoltooide teenwoordige tyd, Simple present tense)van sien Tipe passief Afrikaans Duits Nederlands Engels VorgangspassivIndikativ ek word gesien ich werde gesehen ik word gezien I am seen ZustandspassivIndikativ ek is gesien ich bin gesehen - - VorgangspassivIndikativ jy word gesien du wirst gesehen jij, je wordt gezien you are seen ZustandspassivIndikativ jy is gesien du bist gesehen - - VorgangspassivIndikativ hy, sy, dit word gesien er, sie, es wird gesehen hij, zij, het wordt gezien he, she, it is seen ZustandspassivIndikativ hy, sy, dit is gesien er, sie, es ist gesehen - - VorgangspassivIndikativ ons word gesien wir werden gesehen wij worden gezien we are seen ZustandspassivIndikativ ons is gesien wir sind gesehen - - VorgangspassivIndikativ julle word gesien ihr werdet gesehen jullie worden gezien you are seen ZustandspassivIndikativ julle is gesien ihr seid gesehen - - VorgangspassivIndikativ hulle word gesien sie, Sie werden gesehen zij worden gezien they are seen ZustandspassivIndikativ hulle is gesien sie, Sie sind gesehen - -
Voltooide teenwoordige tyd Die Duitse Perfekt, omskryf as vollendete Gegenwart (Praesens perfectum), word hier gebruik. In party Duitse dialekte aan die Suide word hierdie Perfekt gebruik as plaasvervanger vir die Präteritum.
In Bedrywende/Aktiewe vorm (Perfekt, Voltooide teenwoordige tyd, Present prefect tense) van sien Afrikaans Duits Nederlands Engels ek het gesien ich habe gesehen ik heb gezien I have seen jy het gesien du hast gesehen jij, je hebt gezien you have seen hy, sy, dit het gesien er/sie/es hat gesehen hij, zij, het heeft gezien he, she, it has seen ons het gesien wir haben gesehen wij hebben gezien we have seen julle het gesien ihr habt gesehen jullie hebben gezien you have seen hulle het gesien sie/Sie haben gesehen zij hebben gezien they have seen
By die voltooide teenwoordige tyd word "Ek het gesien" in die bedrywende vorm (aktief) omgeskakel na "Ek is gesien" in die lydende vorm:
In Lydende/Passiewe vorm (Perfekt, Voltooide teenwoordige tyd, Present prefect tense)van sien Afrikaans Duits Nederlands Engels ek is gesien (geword) ich bin gesehen worden ik ben gezien I have been seen jy is gesien (geword) du bist gesehen worden jij, je bent gezien you have been seen hy, sy, dit is gesien (geword) er/sie/es ist gesehen worden hij, zij, het is gezien he, she, it has been seen ons is gesien (geword) wir sind gesehen worden wij zijn gezien we have been seen julle is gesien (geword) ihr seid gesehen worden jullie zijn gezien you have been seen hulle is gesien (geword) sie/Sie sind gesehen worden zij zijn gezien they have been seen
Meer volledig: + In Lydende/Passiewe vorm (Perfekt, Voltooide teenwoordige tyd, Present prefect tense)van sien Tipe passief Afrikaans Duits Nederlands Engels VorgangspassivIndikativ ek is gesien (geword) ich bin gesehen worden ik ben gezien I have been seen ZustandspassivIndikativ ek is gesien gewees ich bin gesehen gewesen - - VorgangspassivIndikativ jy is gesien (geword) du bist gesehen worden jij, je bent gezien you have been seen ZustandspassivIndikativ jy is gesien gewees du bist gesehen gewesen - - VorgangspassivIndikativ hy, sy, dit is gesien (geword) er, sie, es ist gesehen worden hij, zij, het is gezien he, she, it has been seen ZustandspassivIndikativ hy, sy, dit is gesien gewees er, sie, es ist gesehen gewesen - - VorgangspassivIndikativ ons is gesien (geword) wir sind gesehen worden wij zijn gezien we have been seen ZustandspassivIndikativ ons is gesien gewees wir sind gesehen gewesen - - VorgangspassivIndikativ julle is gesien (geword) ihr seid gesehen worden jullie zijn gezien you have been seen ZustandspassivIndikativ julle is gesien gewees ihr seid gesehen gewesen - - VorgangspassivIndikativ hulle is gesien (geword) sie, Sie sind gesehen worden zij zijn gezien they have been seen ZustandspassivIndikativ hulle is gesien gewees sie, Sie sind gesehen gewesen - -
Let wel: