Die vrouebossie (Geranium incanum) is 'n kruidagtige grondbedekker. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit vorm lang, dun kruipende stingels en word 30 cm hoog. Die blare is kantagtig, fyn verdeeld en immergroen. Pienkpers blomme verskyn gedurende die lente of somer – enige tyd tussen September en Mei. Die delikate blomme bestaan uit vyf hartvormige pienk kroonblare met pers are.

Galery

Verspreiding Afkomstig van kusstreke in die Wes-Kaap en Oos-Kaap.

Tuinbou Die vrouebossie is 'n maklike grondbedekker wat vinnig groei en rypbestand is. Dit lyk baie goed in plantbakke, hangmandjies, en heel voor in 'n blombedding.

Dit kan in die son geplant word, maar in warm gebiede sal dit beter vaar in gedeeltelike skadu. Gee dwarsdeur die jaar water en plant in ligte, goedgedreineerde grond met heelwat kompos. 3:1:5 kunsmis kan in die groeiseisoen toegedien word.

Voortplanting geskied deur steggies. Die vrouebossie saai ook homself en klein plantjies sal self in die tuin opkom.

Tradisionele gebruike Die vrouebossie staan ook bekend as bergtee, omdat die blare soms gebruik word as plaasvervanger vir tee. Treksels van die blare word ook tradisioneel gebruik vir menstruele probleme, geslagsiektes en blaasinfeksie.

Sien ook Lys van medisinale kruie

Bronne Pienaar, Kristo: Die Suid-Afrikaanse watter blom is dit? 2000. Struik Uitgewers. Kearney, Anneke: Begin Inheems. 2008. Metz Press. Kirsten, Keith: Keith Kirsten se volledige tuingids vir Suid-Afrika. 1992. Human & Rousseau. Joffe, Pitta: Skeppende tuinmaak met inheemse plante. 2003. Briza Publikasies. Plants of the World Online

Verwysings

incanum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Tuinplante