Aloe lettyae is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is vernoem na die botaniese kunstenaar, Cythna Letty. Dit is op die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) se rooidatalys as bedreigde spesie gelys. Die plant is endemies aan Limpopo en kom op die grasvelde bo 1000 meter seespieël voor. A. lettyae het kolle aan die onderkant van die blare en wye boë in die blomsteelvertakkings. Die balletjie aan die onderkant van die rooi-oranje blom is groter as by soortgelyke aalwyne. Anders as die meeste aalwyne wat in die winter blom, blom A. lettyae in die somer.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:529591-1
Sien ook Lys van aalwynspesies
Verwysings
lettyae Kategorie:Asphodelaceae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika