Prometium (simbool: Pm) is 'n chemiese element wat tot die lantaniede behoort. Dit kom nie in natuurlike vorm op die aarde voor nie, omrede daar geen stabiele isotope bestaan nie. Dit word egter in die splytingsprodukte van uraan aangetref.
Die Tsjegiese chemikus Bohuslav Brauner het in 1902 die bestaan van hierdie element voorspel, en verskeie groepe het later gemeld dat hulle dit gevind het. Dit het selfs die naam "Ilinium" (na Illinois) gekry, maar ander navorsers kon dit nie bevestig nie. Tydens die Manhattan-projek van die Tweede Wêreldoorlog het dit duidelik geword dat hierdie element lank reeds uitgestorwe is. Die stabielste isotoop 145Pm het net 'n halfleeftyd van 17,7 jaar. In 1944 het Marinsky, Glendenin en Coryell dit egter in splytingsprodukte in 'n atoomreaktor in Oak Ridge, Tennessee aangetref. Weens die destydse Wêreldoorlog is die vonds eers in 1946 gepubliseer. Hulle het die nuwe element na die god Prometheus genoem.
Chemiese eienskappe Die element kom veral as Pm(III) voor. Daar bestaan 'n onoplosbare ligbruin hidroksied . Indien hierdie verhit word vorm dit die oksied . Dit vorm ook oplosbare soute soos wat geel van kleur is en wat pienk is. Daar bestaan nogtans ook Pm(II)-verbindings, soos .Nuclear and Radiation Chemistry, Krishna Prakashan Media, , , bls. 145
Verwysings
Eksterne skakels
webelements.com Prometium
Kategorie:Chemiese elemente Kategorie:Lantaniede