Generaal Michael T. Flynn (Desember 1958 – ) is 'n Amerikaanse driester-generaal wat 24 dae as nasionale veiligheidsraadgewer van die Amerikaanse president Donald Trump gedien het.
Op 13 Februarie 2017 het hy ontslag geneem omdat hy in die tyd toe Trump sy verkiesingsveldtog gevoer het met die Russiese owerhede kontak gehad het en daarby oor die opheffing van die Amerikaanse sanksies teen Rusland gepraat het. Dit is teen die Logan-wet wat sê dat burgers nie die buitelandse beleid van die VS mag ondermyn nie.
President Trump het in November 2020 'n volle presidensiële kwytskelding aan Gen. Michael Flynn verleen. Dit volg na 'n memorandum deur die Departement van Justisie waarin 'n uitgerekte geskiedenis van wangedrag deur die aanklaers uiteengesit is en waarin 'n mosie om die saak van die hand te wys aan die hand gedoen is.https://townhall.com/tipsheet/mattvespa/2020/11/25/its-official-trump-pardons-flynn-n2580700 Opgespoor en besoek op 26 November 2020
Verwysing
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse politici Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense