duimnael|Ringstruktuur van D-heksoses|300px 'n Heksose is 'n monosakkaried, 'n eenvoudige suiker, met ses koolstofatome . Heksoses kan 'n ringstruktuur hê, maar dit kan ook in oopkettingvorm voorkom.
Heksoses speel 'n belangrike rol in die biochemie, die natuur en die landbou. Byvoorbeeld wyn-mos bevat sowel glukose as fruktose, altwee heksoses, en die verhouding tussen hierdie twee kan ongunstig raak om fermentasies te onderhou. Dit kan lei tot die verlies van wynproduksie en -kwaliteit.
Daar is twee tipes heksose: Aldoheksoses — hulle het 'n aldehied-funksionele-groep (R-(C=O)-H) in posisie 1 Ketoheksoses — hulle het 'n ketoon-funksionele-groep (R'-(C=O)-R) in posisie 2
Aldoheksoses Die aldoheksoses het vier chirale sentrums. Dit beteken dat daar 16 moontlike stereo-isomere bestaan, waarvan 8 D en 8 L-vorme. Hiervan kom nogtans net 3 in die natuur voor: D-glukose, D-galaktose, en D-mannose.
Die 8 D-aldoheksoses in oopkettingvorm is: CH=O CH=O CH=O CH=O
HC-OH HO-CH HC-OH HO-CH
HC-OH HC-OH HO-CH HO-CH
HC-OH HC-OH HC-OH HC-OH
HC-OH HC-OH HC-OH HC-OH
CH2OH CH2OH CH2OH CH2OH
D-Allose D-Altrose D-Glukose D-Mannose
CH=O CH=O CH=O CH=O
HC-OH HO-CH HC-OH HO-CH
HC-OH HC-OH HO-CH HO-CH
HO-CH HO-CH HO-CH HO-CH
HC-OH HC-OH HC-OH HC-OH
CH2OH CH2OH CH2OH CH2OH
D-Gulose D-Iodose D-Galaktose D-Talose
Ketoheksoses 240px|duimnael|Struktuurformule van fruktose Die ketoheksoses het drie chirale sentrums. Daardeur bestaan daar 8 moontlike stereo-isomere, waarvan net die D-isomere in die natuur voorkom. CH2OH CH2OH CH2OH CH2OH
C=O C=O C=O C=O
HC-OH HO-CH HC-OH HO-CH
HC-OH HC-OH HO-CH HO-CH
HC-OH HC-OH HC-OH HC-OH
CH2OH CH2OH CH2OH CH2OH
D-psikose D-fruktose D-sorbose D-tagatose
Sien ook Pentose Sellulose
Verwysing
Kategorie:Biochemie Kategorie:Organiese chemie