Die Mitsubishi G4M was 'n tweemotorige bomwerper wat deur die Japannese Keiserlike Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig is ontwikkel na aanleiding van 'n togafstand-ten-alle-koste-spesifikasie van die Japannese Vloot in 1937. Kiro Honjo het die ontwerpspan gelei en hy het die spesifikasiedoelwit bereik deur die beskerming feitlik weg te laat ten opsigte van groter brandstoftenks. Die prototipe het sy nooiensvlug in Oktober 1939 voltooi. Die Geallieerdes het die bynaam Betty aan die vliegtuig gegee.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Mitsubishi G4M2a: Item Statistiek Aantal motors2 Tipe motorSkroef VervaardigerMitsubishi Kasei 25 stermotor Kraglewering per motor1 850 perdekrag Vlerkspan24,89 m Lengte19,63 m Hoogte4,11 m Maks. opstygmassa15 000 kg Maks. snelheid437 km/h op 4 600 m Operasionele hoogte8 950 m Togafstand2 410 kmBewapeningVier 20.0 mm Tipe 99 masjiengwere: een in dorsale skiettoring, een in stertskiettoring, een in elke sy en een 7.7 mm Tipe 97 masjiengeweer in neus. Bomvrag1 000 kg in bomlaai of een torpedo van 800 kg.

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog