Jan Baptista van Helmont (Vilvoorde 12 Januarie 1580 – 30 Desember 1644) was 'n Vlaamse chemikus, fisioloog en medikus.

In 1599 verkry hy 'n graad in geneeskunde van die katolieke universiteit van Leuven, in sy tyd in die Spaanse Nederlande.

Hy is veral bekend vir sy navorsing op die gebied van die groei van plante en as die skepper van die woord en begrip gas, afgelei van die Griekse woord chaos. Hy besef dat daar verskeie stowwe bestaan wat gasse is en identifiseer die gas koolstofdioksied.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Vlaamse wetenskaplikes Kategorie:Suid-Nederlanders (voor 1830) Kategorie:Chemici Kategorie:Geneeskundiges Kategorie:Geboortes in 1580 Kategorie:Sterftes in 1644