'n Aminosuur is 'n organiese verbinding wat sowel 'n aminogroep (—) as 'n karboksielgroep (—) in dieselfde molekule bevat.
Biologiese aminosure duimnael|Die aminosuur valien is 'n alfa-aminosuur|150px Aminosure speel 'n uiters belangrike rol in die biochemie omrede dit die boublokke is wat proteïene vorm. Dié aminosure wat biologies belangrik is, is nogtans net 'n subgroep van die chemiese klasse van die aminosure. Die twee funksionele groepe is aan dieselfde koolstofatoom gesubstitueer en hulle word die alfa-aminosure genoem.
Daar bestaan ook beta-, gamma-aminosure, ensomeer maar hulle is biologies minder belangrik.
Zwitterione duimnael|'n Aminosuur as zwitterioon|150px|links
'n Aminosuur is sowel 'n basis as 'n suur en kan daardeur 'n zwitterioon vorm waar die suurgroep 'n proton aan die aminogroep afstaan. Die eienskappe van die aminosuur word deur sy syketting R— bepaal.
Die alfabet duimnael|Die 21 proteïenogene aminosure|300px Daar is 21 aminosure wat as boublokke van die proteïene optree. Hulle word die proteïenogene aminosure genoem en dikwels met een hoofletter van die alfabet of met 'n drieletterkode weergegee:
Letter3-kodeNaamKlasRArgArginienMet gelaaide syketting (+)HHisHistidienMet gelaaide syketting (+)KLysLisienMet gelaaide syketting (+)DAspAspartiensuurMet gelaaide syketting (-)EGluGlutamiensuurMet gelaaide syketting (-)SSerSerienMet polêre ongelaaide sykettingTThrTreonienMet polêre ongelaaide sykettingNAsnAsparagienMet polêre ongelaaide sykettingQGlnGlutamienMet polêre ongelaaide sykettingCCysSisteïenBesondere gevalleUSecSelenosisteïenBesondere gevalleGGlyGlisienBesondere gevallePProProleinBesondere gevalleAAlaAlanienMet hidrofobe sykettingIIleIsoleusienMet hidrofobe sykettingLLeuLeusienMet hidrofobe sykettingMMetMetionienMet hidrofobe sykettingFPheFenielalanienMet hidrofobe sykettingWTrpTriptofaanMet hidrofobe sykettingYTyrTirosienMet hidrofobe sykettingVValValienMet hidrofobe syketting
Kategorie:Biochemie Kategorie:Aminosure