duimnael|Landsoldate (1858)
'n Graf van die Onbekende Soldaat is 'n monument wat gebou is om die stoflike oorskot van een of meer ongeïdentifiseerde soldate te begrawe. Vanaf die 19de eeu is sulke monumente in verskeie lande opgerig. Hierdie soldate word 'n simbool vir die talle geïdentifiseerde en ongeïdentifiseerde soldate wat tydens 'n oorlog omkom. 'n Jaarlikse herdenking word soms by hierdie grafte gehou.
Die oudste monument van sy soort is vermoedelik die van die Landsoldate (beeldhouer Herman Wilhelm Bissen), wat in 1858 in Frederica, Denemarke opgerig is. Die monument herdenk die gesneuweldes tydens die Eerste Duits-Deense Oorlog. 'n Meer onlangse voorbeeld is 'n monument wat in 2004 in Wellington, Nieu-Seeland opgesit is.
Ná die Eerste Wêreldoorlog het verskillende lande sulke monumente opgerig. Op 11 November 1920 is die Tomb of the Unknown Warrior in Londen en die Tombe du Soldat Inconnu in Parys ingewy. In Frankryk word 'n ewige vlam in 1923 by die graf gevoeg. Dit is later ook op ander plekke, soos in Brussel, gedoen.
Voorbeelde Land Plek Jaar Foto Athene 1930 150px Brussel 1922 150px Westminster Abbey, Londen 1920 150px Parys 1921 150px Rome 1921 150px Oude Sint-Willibrorduskerk, Waalre 1945 150px Warschau 1925 150px Klooster van Batalha 1921 150px Harare 1982 150px
Eksterne skakels
Kategorie:Monumente Kategorie:Ongeïdentifiseerde mense