Die Yokosuka MXY7 Ohka was 'n vuurpylaangedrewe vlieënde bom wat deur 'n vlieënier beheer was. Dit was deur die Japannese Keiserlike Vloot gebruik vir kamikaze-aanvalle. Voor die koms van die Yokosuka was gewone vliegtuie omgebou vir kamikaze-aanvalle. Daar was in Augustus 1944 begin met die ontwerp van die vlieënde bom en produksie het reeds in September 1944 begin. Model 11 was die eerste model wat operasioneel gebruik was en 755 is gebou tot Maart 1945.
Die vliegtuig was aangedryf deur 'n vuurpylmotor en het ook 'n bom van 1 200 kg in die neus gedra. Die vliegtuig is deur 'n moedervliegtuig gedra, die G4M2E waarvan die bomdeure verwyder was. Die Yokosuka was tot 80 km van die teiken geneem en dan losgelaat op 'n hoogte van 8 200 m teen 'n spoed van 320 km/h. Die vliegtuig moes dan die laaste stuk na die teiken op sy eie aflê.
Tegniese besonderhede
+ Besonderhede van die Yokosuka MXY7 Ohka: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Straal Vervaardiger Tipe 4 Model 20 soliede staat vuurpylmotor Kraglewering per motor 800 kg Vlerkspan5,0 m Lengte6,07 m Hoogte1,20 m Maks. opstygmassa2 140 kg Maks. snelheid860 km/h op konstante hoogte1 000 km/h maks. duikspoed Togafstand met vrag van 1 588 kg 88 kmBewapeningGeenBomvrag 1 200 kg
Bron Munson, Kenneth: Bombers 1939–1945. Bounty Books. 2012.
Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog