Die BMW S1000RR is 'n sportmotorfiets wat aanvanklik deur BMW Motorrad gebou is om aan die 2009 Wêreldsuperfietskampioenskap deel te neem, maar nou ook in kommersiële produksie is. Dit is in München bekend gestel in April 2008, en word aangedryf deur 'n 999 cc inlynviersilinderenjin wat tot by sy maksimum van 14 200 opm kan toer.
BMW het eenduisend S1000RRs in 2009 gebou om aan die Wêreldsuperfietskompetisie se homologiseringsvereiste te voldoen, maar het produksie uitgebrei vir kommersiële verkoop van die fiets in 2010. Dit het 'n sluitweer-remstelsel as standaard, met 'n opsionele elektroniese vastrapbeheer. Teen 2016 het dit 'n nat gewig van , en produseer 148,4 kW @ 13 500 opm. Met 133.6 kW (179.2 hp) op die agterwiel, is dit die kragtigste motorfiets in sy klas op die dinamometer.
Renfietsverskille duimnael|320px|'n 2011 S1000RR in BMW Motorsport-kleure. Die fabrieksrenfiets wat gebruik word in die Wêreldsuperfietskampioenskap verskil in 'n aantal opsigte van die produksiefiets. Die enjin het 'n hoër drukverhouding van 14.0:1 in vergelyking met 13.0:1, en dit lewer meer as 150 kW (200 pk) teen 14 000 opm, in vergelyking met 144 kW (193 pk) teen 13 000 rpm. Die renfiets het 44 mm Öhlinsvurke, in vergelyking met 46 mm ZF Sachsvurke. Die belangrikste verskil is dat dit slegs 'n massa van het, in vergelyking met vir die produksiemodel.
Isle of Man TT Die S1000RR word sedert 2010 deur verskeie jaers tydens die "Isle of Man TT" gebruik. Op 31 Mei 2014 het Michael Dunlop die superfietswedren gewen op sy fabrieksvoorbereide fiets wat deur Hawk Racing ingeskryf is.BMW Motorrad UK Besoek 2014-06-03 Drie dae later het Dunlop sy oorwinning herhaal in die Superstock klas, onder sy eie MD Racing BMW vaandel. Hy het gesê: "...hierdie is 'n fantastiese uitslag vir BMW. Dit is 'n groot eer vir enige vervaardiger wanneer sy padfiets 'n TT wen."Motorcycle News Dunlop takes his second of the week in Superstock Besoek 2014-06-05 Dunlop het 'n driekuns van oorwinnings met BMW behaal nadat hy ook 'n Senior TT op Vrydag, 6 Junie gewen het.Dunlop makes it four in a week with Senior victory Motorcycle News, 6 Junie 2014.
Verwysings
Kategorie:Motorfietse