duimnael|links|140px|Wilhelm Röntgen.

Röntgenium is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 111 en simbool Rg. Dit kom nie in die natuur voor nie en kan net in ’n laboratorium vervaardig word. Die stabielste bekende isotoop, röntgenium-282, het ’n halfleeftyd van 2,1 minute.

Dit is in 1994 deur die Sentrum vir Swaarioonnavorsing naby Darmstadt, Duitsland, sinteties vervaardig en genoem na die fisikus Wilhelm Röntgen, die ontdekker van X-strale.

Op die periodieke tabel lê dit in die d-blok, in groep 11 en periode 7. Geen chemiese eksperimente is egter al uitgevoer om te bevestig dat dit optree soos die swaarder homoloog van goud net bo dit op die periodieke tabel nie.

Daar word gereken röntgenium het soortgelyke eienskappe as sy ligter homoloë, koper, silwer en goud, hoewel dit ook in sekere opsigte van hulle kan verskil.

Verwysings

Eksterne skakels

Röntgenium by The Periodic Table of Videos (Universiteit van Nottingham)

Kategorie:Röntgenium