Ban Ki-moon (Koreaans: 반기문; Hangoel: 반기문; Hanja: 潘基文; Eumseong, 13 Junie 1944) is 'n Suid-Koreaanse diplomaat en politikus. Vanaf 17 Januarie 2004 tot 1 Desember 2006 was hy Suid-Korea se minister van Buitelandse Sake en Handel. Van 1 Januarie 2007 tot 31 Desember 2016 het hy as die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) gedien. Hy het Kofi Annan opgevolg en is later deur António Guterres vervang.
duimnael|links|upright|Ban Ki-moon in 2004 Op 9 Oktober 2006 stel die VN se Veiligheidsraad Ban eenparig as nuwe sekretaris-generaal vir 'n tydperk van vyf jaar (van 1 Januarie 2007 tot 1 Januarie 2012) voor. Later onttrek die Letse kandidaat, Vaira vike-Freiberga, wat Ban se nominasie bloot 'n formaliteit maak. Die VN se Algemene Vergadering keur sy aanstelling op 13 Oktober 2006 amptelik goed en op 14 Desember lê hy die ampseed af.
Op 21 Junie 2011 is Ban Ki-Moon eenparig deur die Algemene Vergadering herverkies. Sy tweede en laaste termyn het op 31 Desember 2016 ten einde gekom.
Voordat hy 'n minister was, het hy verskeie ander politieke asook diplomatieke poste beklee. Hy was onder andere 'n ambassadeur in Oostenryk en ook voorheen in verskeie hoedanighede by die VN werksaam.
Ban Ki-moon praat naas sy moedertaal Koreaans ook Engels, Frans en Japannees. Hy is getroud en het drie kinders.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Koreaanse politici Kategorie:Ambassadeurs Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Sekretarisse-generaal van die Verenigde Nasies Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Lewende mense