Die nuwejaarsblomook: nuwejaarsafrikaner, watervalblom (Gladiolus cardinalis) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Van die plekke waar dit in die wildernis aangetref word is naby Wemmershoek, Mont Rochelle natuurreservaat naby Franschhoek en Bainskloof naby Wellington. Dikwels groei dit naby 'n waterval, wat die ander naam 'watervalblom' verklaar.

Dit is 'n geofiet wat vanweë sy skouspelagtige blomme saam met G. tristis reeds in die vroeë 19de eeu gekweek is. Dit het begin in Brittanje en gebeur nou ook in Frankryk, Duitsland, die Verenigde State en Nederland. Dit het talle kultivars en kruisteeltprodukte opgelewer.The Iris Family: Natural History & Classification, , Timber Press, 2008, , , bls. 142

Die blombol is eiervormig en word nie dikker as 'n neut nie. Daaruit groei 'n regop, stywe stingel wat 50 cm hoog kan word met daarop 'n stekel van vyf of ses rooi blomme. Die blare groei reguit. Hulle is stewig, glad, lansvormig en groen van kleur.The Magazine of Botany & Gardening, British and Foreign …, Deel 1 , G. Henderson, 1833 bls. 98

Fotogalery

Verwysings

cardinalis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Tuinplante