Maharashtra (Marathi: महाराष्ट्र, Mahārāṣṭra, [mʌɦɑːˈrɑːʂʈrə], ) is 'n deelstaat in die sentraalweste van Indië. Die hoofstad en grootste stad is Mumbai. Van die ander groot stede is Aurangabad, Kalyan-Dombivali, Nagpur, Nashik, Navi Mumbai, Pimpri-Chinchwad, Pune, Solapur, Thane en Vasai-Virar. Die bevolking praat Marathi en bestaan veral uit Marathi's. Naas die ampstaal word onder andere Konkani gepraat. Die Bene Israel was 'n histories belangrike etniese groep in dié deelstaat, maar die meeste van hulle het hulle in Israel gevestig. Die deelstaat se geografie word gekenmerk deur die Wes-Ghats, asook die Godavari en die Krisjna, twee van die grootste riviere van Indië.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf