Die Tsitsarivier (Xhosa: iTsitsa) is 'n rivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit is 'n sytak van die Umzimvuburivier en vorm deel van die Umzimvubu tot Keiskamma Waterbestuursgebied.
Afloop Die Tsitsa ontspring in die Drakensberge 15 km suidoos van die dorp Rhodes, sowat 80 km wes van Mount Frere en vloei ooswaarts. Die Tsitsawaterval is in die boloop in 'n bergagtige gebied met groot natuurskoon geleë. Die rivier buig suidwaarts vir 'n paar myl, en vloei oos van Maclear verby, voordat dit weer na die ooste draai. Dit mond deur 'n diep rivier-ravyn sowat 36 km suidoos van Qumbu in die Umzimvuburivier uit.Mzimbuvu to Keiskamma WMA 12
Die belangrikste sytakke is die Mooirivier, Inxurivier (Wildebeesrivier) en die Potrivier.
Die rivier was deel van die westelike grens van die voormalige Transkei. Dit is 'n gewilde plek vir witwater kayak-ryers.Tsitsa River, Transkei – South Africa
Damme Daar is net relatief klein damme in die Tsitsarivier se opvangsgebied. Die Macleardam in die Inxu-rivier voorsien water aan Maclear en die Ugiedam in die Mooirivier voorsien water aan Ugie.Elundini Local Municipality Spatial Development Framework
Verwysings
Kategorie:Riviere in Oos-Kaap