duimnael|Lint wat vir die Orde van Mapungubwe gebruik word.
Die Orde van Mapungubwe word toegeken aan Suid-Afrikaanse burgers vir uitstaande prestasie en uitnemendheid. Die orde is in 2002 deur die regering van Suid-Afrika ingestel. Dit vervang die ouer Orde van die Goeie Hoop, die Orde van die Ster van die Suide en die Orde van Verdienste.
Simboliek Die Koninkryk van Mapungubwe het meer as duisend jaar gelede in die noorde van Suid-Afrika bestaan. Dié koninkryk is onderskei deur 'n gesofistikeerde regeringstelsel, 'n ontwikkelde landboustelsel en myn- en metallurgienywerheid. Mapungubwe het wyd en syd handel gedryf – met lande tot so ver weg as China. Mapungubwe het in sy tyd die uitnemendheid van menslike denke en vindingrykheid verteenwoordig.
Elemente duimnael|Die Mapungubwe-renoster duimnael|Die Mapungubwe-heuwel
Mapungubwe-renoster – Hierdie welbekende goue beeldjie van 'n renoster is by die argeologiese opgrawing van Mapungubwe ontdek. 'n Met goud geplateerde figuurtjie is rondom 'n sagte kern – waarskynlik gekerfde hout – gevorm. Hierdie beeldjie is getuie van die uitnemende menslike vindingrykheid wat in die koninkryk bestaan het.
Mapungubwe-heuwel – Die heuwel vorm die agtergrond van die orde. Dit is 'n sandsteenheuwel wat neergelê is op modderafsettings in 'n droë, subtropiese gebied met ongereëlde somerreëns. Die uitgrawings by die vindplaas het getoon dat uitnemendheid gegroei het uit die moeilikste natuurlike omstandighede.
Mapungubwe-septer – Die septer van Mapungubwe word op die orde aan albei kante van die goudsmeltpot geplaas. Hierdie septer is ook in 'n graf by die vindplaas ontdek. Versierde goudsmeltpot – Die basiese simmetriese vorms op die goudsmeltpot, wat oorvloei, is simbolies van die oorvloed aan uitnemendheid, wetenskap en kreatiwiteit en getuienis van die vroegste prestasies in die metallurgie.
Opkomende son – Die nuwe era wat vir Afrika aanbreek. Vier uithoeke van die wêreld – Die uithoeke is simbolies van die prestasies van Suid-Afrikaners wêreldwyd.
Smeltoond – Die reinigende en lewegewende eienskappe van vuur, wat sedert die Ystertydperk gebruik is om ontwikkeling en uitnemendheid in beskawings en gemeenskappe te bevorder.
Ontvangers
2002 Nelson Mandela – Platinum Allan McLeod Cormack (postuur) – Goud F.W. de Klerk – Goud Basil Schonland – Goud Peter Beighton – Brons Hamilton Naki – Brons
2004 Sydney Brenner – Goud Tshilidzi Marwala – Brons Batmanathan Dayanand Reddy – Brons
2005 John Maxwell Coetzee – Goud Aaron Klug – Goud Frank Nabarro – Goud Tebello Nyokong – Brons Himla Soodyall – Brons
2006 Selig Percy Amoils – Silwer George Francis Rayner Ellis – Silwer Lionel Opie – Silwer Patricia Berjak – Silwer
2007 Claire Penn – Silwer Sibusiso Sibisi – Silwer Valerie Mizrahi – Silwer
2008 Doris Lessing – Goud Wieland Gevers – Silwer Phuti Ngoepe – Silwer Tim Noakes – Silwer Pragasen Pillay – Silwer
2009 Bongani Mawethu Mayosi – Silwer
2010 Johann Lutjeharms – Silwer Monique Zaahl – Brons Douglas Butterworth – Silwer
2011 Pieter Steyn – Silwer
2012 Oliver Tambo (postuur) – Platinum Albert Luthuli (postuur) – Platinum Barry David Schoub – Silwer (vir prestasies in virologie) Patience Mthunzi-Kufa – Brons
2014 Malegapuru Makgoba – Silwer Glenda Gray – Silwer George Ekama – Silwer Bernie Fanaroff – Silwer Quarraisha Karim – Brons
2016 Zwelakhe Sisulu – Goud
2017 Fulufhelo Nelwamondo – Silwer Siyabulela Lethuxolo Xuza – Silwer
2019 Bomo Edna Edith Molewa (postuur) – Goud Malik Maaza – Silwer Ari Sitas – Silwer Thokozani Majozi – Brons
Kategorie:Nasionale simbole van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse ordes en dekorasies