Die monarg van Skotland was die staatshoof van die Koninkryk van Skotland. Volgens tradisie was die eerste koning van Skotland (Engels: King of Scots; Middelskots: King of Scottis, moderne Skots: King o Scots, Skots-Gaelies: Rìghrean Albannaich) Kenneth MacAlpin (Cináed mac Ailpín), wat die staat in 843 gestig het. Die onderskeid tussen die Koninkryk van Skotland en die Koninkryk van die Pikte is eerder die resultaat van latere Middeleeuse mites en verwarring weens die naamsverandering van Rex Pictorum (koning van die Pikte) tot Rí Alban (koning van Alba) tydens die bewind van Donald II, toe omstreeks die einde van die 19de eeu in die annale oorgeslaan is van Latyn na die omgangstaal. Teen dié tyd het die woord Alba in Skots-Gaelies verwys na die Koninkryk van die Pikte, eerder as Brittanje (die ouer betekenis).Broun, Scottish Independence. ble. 71–97.
Die Koninkryk van die Pikte het in Gaelies bekend geword as die Koninkryk van Alba, en later as Scotland in Engels en Skots; dit is vandag nog so bekend. Teen die laat 11de eeu op die laatste het Skotse konings die Latynse term rex Scottorum (koning van Skotland) vir hulself gebruik. Die titel King of Scots het in onbruik verval ná 1707, toe Skotland en Engeland verenig en Groot-Brittanje geword het. Koningin Anna was die laaste monarg van Skotland en Engeland en die eerste monarg van Groot-Brittanje, hoewel die twee koninkryke sedert 1603 al dieselfde monarg gehad het. Haar oom, Karel II, was die laaste Skotse monarg wat in Skotland gekroon is – in 1651 in Scone.
Wapens
Lys van monarge van Skotland Huis van Alpin (848–1034)
Die bewind van Kenneth MacAlpin was die begin van wat dikwels die Huis van Alpin genoem word, hoewel dit ’n heel moderne term is. Sy afstammelinge was in twee takke verdeel; die troon sou tussen hulle wissel; die dood van ’n koning van een tak sou gevolg word deur ’n oorlog of sy moord deur ’n aanspraakmaker van die ander tak. Malcolm II was die laaste koning van die Huis van Alpin. Hy het daarin geslaag om van al sy teenstanders ontslae te raak en omdat hy geen seuns gehad het nie, het die troon ná sy dood gegaan aan Duncan I, sy dogter se seun. Dit was die begin van die Huis van Dunkeld.
PortretModerne Engelse naam (met moderne Gaeliese ekwivalent)Middeleeuse Gaeliese naamDinastiese statusBewindTitelBynaam100pxKenneth MacAlpin(Coinneach mac Ailpein)Cináed mac AilpínCiniod m. AilpinSeun van Alpin, koning van Dál Riata843/848 – 13 Februarie 858Rex Pictorum("Koning van die Pikte")An Ferbasach,"die Veroweraar "Skene, Chronicles, bl. 83.100pxDonald I(Dòmhnall mac Ailpein)Domnall mac AilpínSeun van Alpin, koning van Dál Riata; broer van Kenneth MacAlpin858 – 13 April 862Rex Pictorum100pxKonstantyn I(Còiseam mac Choinnich)Causantín mac CináedaSeun van Kenneth MacAlpin862–877Rex PictorumAn Finn-Shoichleach,"die Een met Oorvloedige Wyn"Skene, Chronicles, p. 85.100pxÁed(Aodh mac Choinnich)Áed mac CináedaSeun van Kenneth MacAlpin877–878Rex Pictorum100pxGiric(Griogair mac Dhunghail)Giric mac DúngailSeun van Donald I878–889Mac Rath,"Seun van Geluk"Skene, Chronicles, bl. 87.EochaidEochaid mac Run† Kleinseun van Kenneth MacAlpin*878–889?100pxDonald II(Dòmhnall mac Chòiseim)Domnall mac CausantínSeun van Konstantyn I889–900Rí Alban("Koning van Skotland")Rì nan Albannaich("Koning van Skotland")Dásachtach,die "Waansinnige" of "Psigopaat"Hudson, Celtic Kings, bl. 58.100pxKonstantyn II(Còiseam mac Aoidh)Causantín mac ÁedaSeun van Áed900–943Rí AlbanAn Midhaise,"die Middeljarige"Skene, Chronicles, bl. 91; Hudson, Celtic Kings, bl. 65.100pxMalcolm I(Maol Chaluim mac Dhòmhnaill)Máel Coluim mac DomnaillSeun van Donald II943–954Rí AlbanAn Bodhbhdercc,"die Gevaarlike Rooie"Skene, Chronicles, bl. 93.100pxIndulfIldulb mac CausantínSeun van Konstantyn II954–962Rí AlbanAn Ionsaighthigh,"die Aggressor"Skene, Chronicles, bl. 94.100pxDub(Dubh of Duff)(Dubh mac Mhaoil Chaluim)Dub mac Maíl CholuimSeun van Malcolm I962–967Rí AlbanDén,"die Kragtige"Duan Albanach, 23 hier100pxCuilén(Cailean)Cuilén mac IlduilbSeun van Indulf967–971Rí AlbanAn Fionn,"die Witte"Skene, Chronicles, bl. 95.—Amlaíb(Amhlaigh)Amlaíb mac IlduilbSeun van Indulf 973–977Rí Alban100pxKenneth II(Coinneach mac Mhaoil Chaluim)Cináed mac Maíl CholuimSeun van Malcolm I971–995Rí AlbanAn Fionnghalach,"die Broedermoordenaar"Skene, Chronicles, bl. 96.100pxKonstantyn III(Còiseam mac Chailein)Causantín mac CuiléinSeun van Cuilén995–997Rí Alban100pxKenneth III(Coinneach mac Dhuibh)Cináed mac DuibSeun van Dub997 – 25 Maart 1005Rí AlbanAn Donn,<small>"die Hoofman"/ "die Bruine "100pxMalcolm II(Maol Chaluim mac Choinnich)Máel Coluim mac CináedaSeun van Kenneth II1005–1034Rí Alban / Rex ScotiaeForranach,"die Vernietiger"Skene, Chronicles, bl. 99–100.
* Getuienis van Eochaid se bewind is onduidelik; hy was dalk nooit koning nie of het saam met Giric regeer. Amlaíb is net bekend vanweë ’n verwysing na sy dood in 977, waar hy koning van Alba genoem word; dit is bekend dat Kenneth II in 972–973 steeds koning was en daarom moes Amlaíb die bewind tussen 973 en 977 oorgeneem het.
† Eochiad was ’n seun van Run, koning van Strathclyde, maar sy ma was ’n dogter van Kenneth MacAlpin.
Huis van Dunkeld (1034–1286)
Duncan het die troon bestyg as die seun van Malcolm II se dogter. Hy was ook die erfgenaam van Malcolm I omdat sy oupa aan vaderskant, Duncan van Atholl, die derde oudste seun van Malcolm I was. Die Huis van Dunkeld was dus nou verwant aan die Huis van Alpin. Macbeth het Duncan in ’n geveg gedood en daarna lank en redelik suksesvol regeer. In ’n reeks gevegte tussen 1057 en 1058 het Duncan se seun, Malcolm III, Macbeth verslaan en doodgemaak, asook Macbeth se stiefseun en erfgenaam, Lulach. Hy het toe die troon opgeëis. Die dinastiese gevegte het nie daar geëindig nie: ná Malcolm se dood in ’n geveg het sy broer Donald Ban aanspraak gemaak op die troon en Malcolm se seuns uit Skotland verban. ’n Burgeroorlog het in die familie uitgebreek, met Donald Ban en Malcolm se seun Edmund aan die een kant en Malcolm se ander seuns, wat deur Engeland gerugsteun is, aan die ander – hulle is aanvanklik deur Duncan II aangevoer en daarna deur Edgar. Edgar het geseëvier en sy oom en broer na kloosters gestuur. Ná die bewind van David I was die Skotse opvolging volgens eersgeboortereg; die troon het gegaan van vader na seun en, indien onmoontlik, van broer na broer.
PortretModerne Engelse naam (met moderne Gaeliese ekwivalent)Middeleeuse Gaeliese naamDinastiese statusBewindTitelBynaam100pxDuncan I(Donnchadh mac Crìonain) Donnchad mac Crínáin Kleinseun van Malcolm II 1034–1040Rí AlbanAn t-Ilgarach, "die Sieke"Skene, Chronicles, bl. 101.100pxMacbeth(MacBheatha mac Fhionnlaigh) Mac Bethad mac Findláich1) Seun van Mormaer Findláech2) Kleinseun van Malcolm II3) Man van Gruoch, kleindogter van Kenneth III1040–1057Rí Alban Rí Deircc, "die Rooi Koning"Skene, Chronicles, bl. 102. – Lulach(Lughlagh mac Gille Chomghain) Lulach mac Gille Comgaín1) Seun van Gille Coemgáin, Mormaer van Moray2) Kleinseun van Kenneth III(Huis van Alpin)1057–1058Rí Alban Tairbith, "die Ongelukkige"-Fatuus"die Onnosele"Anderson, Early Sources, vol. i, bl. 603.100pxMalcolm III(Maol Chaluim mac Dhonnchaidh) Máel Coluim mac Donnchada Seun van Duncan I1058–1093Rí Alban / Scottorum basileus? Cenn Mór ("Canmore"), "Groot Hoofman"Dié naam is waarskynlik aanvanklik net gebruik vir Mael Coluim IV, Mael Coluim III se kleinseun, en daarna verwar; sien Duncan, Kingship of the Scots, bl. 51–52, 74–75; Oram, David I, bl. 17, nota 1.100pxDonald III(Dòmhnall mac Dhonnchaidh) Domnall mac Donnchada Seun van Duncan I1093–1097Rí Alban Bán, "die Regverdige"100pxDuncan II(Donnchadh mac Mhaoil Chaluim) Donnchad mac Maíl Choluim Seun van Malcolm III1094Rí Alban / Rex Scottorum100pxEdgar(Eagar mac Mhaoil Chaluim) Étgar mac Maíl Choluim Seun van Malcolm III1097–1107Rí Alban/ Rex Scottorum Probus, "die Dappere"Anderson, Early Sources, vol. ii, bl. 141.100pxAlexander I(Alasdair mac Mhaoil Chaluim) Alaxandair mac Maíl Choluim Seun van Malcolm III1107–1124Rí Alban/ Rex Scottorum100pxDavid I(Dàibhidh mac Mhaoil Chaluim) Dabíd mac Maíl Choluim Seun van Malcolm III1124–1153Rí Alban/ Rex Scottorum100pxMalcolm IV(Maol Chaluim mac Eanraig) Máel Coluim mac Eanric Kleinseun van David I1153–1165Rí Alban/ Rex Scottorum Virgo, "die Maagd"-Cenn Mór, "Groot Hoofman"100pxWilliam I(Uilleam mac Eanraig) Uilliam mac Eanric Kleinseun van David I1165–1214Rí Alban / Rex Scottorum"die Leeu"-Garbh, "die Rowwe"Annals of Ulster, s.a. 1214.6; Annals of Loch Cé, s.a. 1213.10.100pxAlexander II(Alasdair mac Uilleim) Alaxandair mac Uilliam Seun van William I1214–1249Rí Alban / Rex Scottorum100pxAlexander III(Alasdair mac Alasdair) Alaxandair mac Alaxandair Seun van Alexander II1249–1286Rí Alban / Rex Scottorum
Huis van Sverre (1286–1290)
Die laaste koning van die Huis van Dunkeld was Alexander III. Hy en sy vrou het twee seuns en ’n dogter gehad. Teen 1286 was sy seuns dood en sy dogter, Margaret, het ’n dogter by Erik II van Noorweë gehad, ook Margaret. Sy dogter is egter daarna dood. Alexander het weer getrou, maar vroeg in 1286 is hy in ’n ongeluk dood. Sy tweede vrou, Yolande van Dreux, was swanger, maar teen November 1286 is alle hoop laat vaar dat haar kind lewend gebore sou word. Die Bewaarders van Skotland het toe Alexander se driejarige kleindogter, Margaret van Noorweë, in die Verdrag van Salisbury as koningin van Skotland aangewys. Sy het tot in 1290 in Noorweë gebly en is toe na Engeland gestuur. Sy is egter op die vaart oorlede en het nooit haar voet op Skotse grond gesit nie. Sy word dus soms nie as koningin erken nie.
PortretNaam Dinastiese status GeboreBewindHuwelikOorlede100pxMargaret Kleindogter van Alexander III (Huis van Dunkeld) Omstreeks April 1283, dogter van Erik II van Noorweë en Margaret van Skotland1286–1290Ongetroud September/Oktober 1290
Eerste tussenregering (1290–1292) Huis van Balliol (1292–1296)
Die dood van Margaret van Noorweë het ’n twee jaar lange tussenregering in Skotland ingelui weens ’n opvolgingskrisis. Die afstammelinge van William I was uitgesterf en daar was nie ’n duidelike erfgenaam volgens eerstegeboortereg nie. Dertien kandidate het na vore getree, onder andere John de Balliol, die agterkleinseun van William I se jonger broer David van Huntingdon, en Robert de Brus, lord van Annandale, David van Huntingdon se kleinseun. Die Skotte het Eduard I van Engeland gevra om oor ’n opvolger te beslis. Hy het dit gedoen, maar die Skotte gedwing om aan hom as opperleenheer trou te sweer. Eindelik is John de Balliol gekies; hy was ’n swak en onbekwame leier en is in 1296 gedwing om te abdikeer deur Eduard I, wat toe probeer het om Skotland by Engeland in te lyf.
PortretNaam Dinastiese status GeboreBewindOorledeBynaam100px John Balliol Agterkleinseun van David van Huntingdon, broer van William I(Huis van Dunkeld) Omstreeks 12491292–1296 Omstreeks 25 November 1314Frankryk Toom Tabard,"Leë Mantel"
Tweede tussenregering (1296–1306) Huis van Bruce (1306–1371)