Sydney Brenner (13 Januarie 1927 – 5 April 2019) was 'n Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog en Nobelpryswenner. In 2002 wen hy die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde saam met H. Robert Horvitz en John Sulston vir hul ontdekkings oor die genetiese regulering van orgaan-ontwikkeling en geprogrammeerde seldood.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewensloop duimnael|links|Sydney Brenner (tweede van regs) saam met E. Lederberg, G. Stent en J. Lederberg in 1965 Brenner is op 13 Januarie 1927 as die seun van Joodse immigrante in Germiston gebore. Sy pa (Morris Brenner) kom in 1910 uit Litaue, en sy ma (Lena Blacher) in 1922 uit Letland in Suid-Afrika aan. Brenner is aan die Germiston Hoërskool en die Universiteit van die Witwatersrand opgelei. Vervolgens voltooi hy sy PhD aan die Exeter College in Oxford. In 1953 was hy saam met Dorothy Hodgkin, Leslie Orgel, Jack Dunitz en Beryl Oughton van die eerste mense om 'n model van die struktuur van DNS te sien, wat deur Francis Crick en James Watson geskep is. Op daai oomblik was hy by die fakulteit skeikunde van die Universiteit van Oxford werksaam. Brenner werk later met Crick in die Cavendish-laboratorium, asook by die Laboratorium van Molekulêre Biologie in Cambridge.

Werk Brenner maak in die 1960's fundamentele ontdekkings op die gebied van molekulêre biologie, wat toe opgang beleef. So was hy by die identifikasie van boodskapper-RNS (mRNA, messenger RNA) betrokke, en ontdek hy en Crick "frameshift"-mutasies in 1961. Die navorsing gee al deels insig in die genetiese kode. Brenner fokus vervolgens op die gebruik van rondewurms (Caenorhabditis elegans) as 'n modelorganisme om die ontwikkeling van diere te ondersoek. Brenner kies hierdie 1 millimeter lang, deursigtige wurmpies omdat dit vir genetiese analise geskik is, en vinnig in groot hoeveelhede geteel kan word. Die titel van sy Nobeltoespraak, "Nature's Gift to Science", is 'n verwysing na hierdie wurms.

In 1996 stig hy Berkeley se Instituut vir Molekulêre Wetenskappe en word in 2000 'n Distinguished Research Professor aan die Salk-instituut vir Biologiese Studies. Hy verbind hom aan die Institute of Molecular and Cell Biology in Singapoer, die Okinawa Institute of Science and Technology, die Janelia Farm Research Campus en die Howard Hughes Medical Institute. Hy is ook lid van die Raad van Wetenskaplike Bestuur aan die The Scripps Research Institute. Brenner het vir jare lank artikels vir die tydskrif Current Biology geskryf.

Op 11 Oktober 2006 wen Brenner A*STAR (Agency for Science, Technology and Research) se Nasionale Wetenskap en Tegnologie-medalje in Singapoer. A*STAR Corporate Site – Awards – NSTM – Winner Hy is op 5 April 2019 in Singapoer, op die ouderdom van 92, oorlede.

Publikasies Loose End: Collection of Loose Ends/False Starts columns by 'Uncle Syd.' from January 1994 to December 2000 (Current Biology, 1997) . My Life in Science, with Lewis Wolpert, edited by Errol C. Friedberg and Eleanor Lawrence, BioMed Central 2001, 199pp Friedberg, Errol 2010. Sydney Brenner: a biography. CSHL Press.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Suid-Afrikaanse bioloë Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse Nobelpryswenners Kategorie:Genetici Kategorie:Molekulêre bioloë Kategorie:Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde wenners Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2019