Groothertog Aleksei Michailowitsj (Russies: Алексей Михайлович; – ) was die sesde seun en jongste kind van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland, en ’n neef van keiser Aleksander III.
Lewe Groothertog Aleksei is in Tiflis in die Kaukasus gebore, waar sy pa onderkoning was. Hy was die enigste Romanof-groothertog wat dieselfde naam en patroniem as ’n tsaar gehad het: Aleksei Michailowitsj van Rusland.<ref name = " Chavchavadze 205">Chavchavadze, The Grand Dukes ", p. 205</ref>
Aleksei was sewe jaar oud toe sy gesin in 1882 na Sint Petersburg verhuis nadat sy pa as voorsitter van die Staatsraad aangestel is. Nes alle lede van die Romanof-familie sou hy ’n militêre loopbaan gehad het. Hy het amper sy opleiding as vlootoffisier voltooi toe hy tuberkulose kry.Zeepvat , The Camera and the Tsars, p. 182 Sy toestand het so versleg dat hy na Sanremo in Italië gestuur is, waar hy op 2 Maart 1895 oorlede is.Chavchavadze, The Grand Dukes , p. 206 Hy was 19 jaar oud.
Sien ook Lys van groothertoë van Rusland Huis van Romanof
Verwysings
Bronne Alexander, Grand Duke of Russia, Once a Grand Duke, Cassell, Londen, 1932. Cockfield, Jamie H, White Crow, Praeger, 2002. Chavchavadze, David, The Grand Dukes, Atlantic, 1989, Zeepvat, Charlotte, The Camera and the Tsars'', Sutton Publishing, 2004, .
Skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Groothertoë van Rusland Kategorie:Geboortes in 1875 Kategorie:Sterftes in 1895