Die rankmelkappelkoosSappi Tree Spotting: Lifer List , Jacana Media, 2012, , bls. 70 (AncylobothrysSANBI het Ancylobotrys sonder "h" petersiana (Klotzsch) Pierre) is 'n geoksiel wat inheems aan Suid-Afrika, Eswatini en Mosambiek is. Dit kom veral is die kuswoud van Maputaland voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.
Dit kom ook in Burundi, die Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Malawi, Somalië, Tanzanië, Tsjad, Zimbabwe en op Madagaskar voor.
Die plant het 'n melkerige sap en die takke het dikwels opvallende lentiselle. Die blare is min of meer dik leeragtig en ellipties of omgekeerd-eiervormig. Die vrugte is sferies, vlesig en 4,5- 6 cm in deursnee. Dit is 'n immergroen klimplant of struik wat veral oor ander bome en bossies groei en houtige stamme tot 6 m lank of meer kan hê wat tot 2 – 5 cm in deursnee kan word. Dit kry wit en welriekende blomme en vrugte wat die kleur van appelkose het en wat baie gewild is. Die plant word dikwels vir sy vrugte deur mense beskerm.
Galery
Verwysings
petersiana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Zimbabwe Kategorie:Ondergrondse bome Kategorie:Veldkos