Met die bynaam ‘Tante Ju’, of "Tannie Ju," was die Junkers Ju 52/3m die mees suksesvolle Europese vliegtuigontwerp.https://airandspace.si.edu/collection-objects/junkers-ju52/nasm_A19880044000 Die Junkers Ju 52 is 'n driemotorige passesiersvliegtuig wat ontwerp is vir Lufthansa in Duitsland. Dit is toe later ook gebruik as 'n bomwerper en vragvliegtuig wat deur die Luftwaffe gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Die vliegtuie kon 17 passasiers of 3 ton vrag elk vervoer en het goeie diens gelewer na lughawens met kort aanloopbane. In die 1930's, het meeste lugrederye in Europa en Suid-Amerika die vliegtuie gebruik. ‘n Total van 4,835 Ju 52/3ms is gebou, insluitend 170 wat onder lisensie in Spanje vervaardig is deur Construcciones Aeronauticas (CASA), en 400 in Frankryk deur Ateliers Aeronautiques de Colombes. links|duimnael|299x299px|Drie Junkers Ju-52 vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens

Die Ju-52/3M is ook deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik tussen 1934 en 1939 waarna al vyftien vliegtuie aan die Suid-Afrikaanse Lugmag gegee is vir diens in die Tweede Wêreldoorlog.http://www.saamuseum.co.za/our-aircraft/66-junkers-ju-52-casa-352l.html Die vliegtuie is toe deur die lugmag gebruik tot die einde van die oorlog as vervoer vir vrag en troepe.

Een Ju-52/3M, alhoewel 'n Spaanse weergawe (CASA-352), is operasioneel met die Suid-Afrikaanse Lugdiens Museum in Germiston op die Oos-Rand.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Junkers Ju 52/3m: Item Statistiek Aantal motors 3 Tipe motor Skroef Vervaardiger BMW 132T Stermotors Kraglewering per motor 830 perdekrag Vlerkspan29,25 m Lengte18,90 m Hoogte4,50 m Maks. opstyg massa11 030 kg Maks. snelheid305 km/h op 2,500 m Operasionele hoogte 5 500 m Togafstand met maks. bomvrag (1 000 kg.) 1 300 kmBewapening Een 13 mm MG 131 masjiengeweer entwee 7.9mm MG 15 masjiengewere.

Verwysings

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog