duimnael|200px|Dié troon, wat in 1296 gebou is en bekend is as die "kroningstoel" of "koning Eduard se stoel" is 700 jaar lank gebruik vir die kroning van die monarge van Engeland, Groot-Brittanje en die Verenigde Koninkryk.

Die Britse troonopvolging word bepaal deur afstamming, geslag (vir mense wat voor Oktober 2011 gebore is), geboorte binne die huwelik, en godsdiens. Volgens die gemene reg word die troon geërf deur ’n individu se kinders en deur ’n individu sonder kinders se naaste bloedverwant. Die Handves van Regte 1689 en die Act of Settlement 1701, wat albei in Maart 2015 aangepas is, beperk die opvolging tot die wettige Protestantse afstammelinge van Sophia van die Palts wat in gemeenskap met die Anglikaanse Kerk is."Succession". Amptelike webtuiste van die Britse monargie. URL besoek op 7 Mei 2016. ’n Huwelik met ’n Rooms-Katoliek sluit iemand nie meer uit nie. Protestantse afstammelinge van mense wat uitgesluit word omdat hulle Rooms-Katoliek is, het ook steeds ’n aanspraak op die troon.Bogdanor (1995), p. 55.

Koning Charles III is die huidige monarg en sy regmatige erfgenaam is sy oudste seun, William, Prins van Wallis. Ná hom volg sý oudste seun, prins George van Wallis; en dan prinses Charlotte van Wallis, George se suster, en sy jonger broer, prins Louis van Wallis. Die vyfde aanspraakmaker is prins Harry, die jongste seun van Charles III. Daarna volg sy twee kinders. Agste is prins Andrew, Hertog van York, die koning se jonger broer.

Die Verenigde Koninkryk is een van 16 Statebondryke. Elkeen van dié lande het dieselfde monarg en dieselfde volgorde van aanspraak op die troon. In 2011 het die eerste ministers van die ryke eenparig besluit om die opvolgingsreëls op dieselfde manier aan te pas sodat seuns nie meer voorkeur kry nie (vir mense wat ná die datum van die ooreenkoms gebore is) en ’n huwelik met ’n Rooms-Katoliek nie meer iemand uitsluit van opvolging nie, maar die monarg moet steeds in gemeenskap met die Anglikaanse Kerk wees. Die veranderings het op 26 Maart 2015 in werking getree.

Huidige aanspraakmakers Eerste ses aanspraakmakers 1. William, Prins van Wallis 40px2. Prins George van Wallis 40px3. Prinses Charlotte van Wallis 40px4. Prins Louis van Wallis 40px5. Prins Harry, Hertog van Sussex 40px6. Archie Mountbatten-Windsor 40px

Die lys hieronder van mense wat in die lyn van opvolging is, word beperk tot die koning se afstammelinge en ander bloedverwante, naamlik die ander afstammelinge van die seuns van George V. Die name in kursief is van mense wat nie ’n aanspraak het nie (geboortejaar nie kursief nie indien hulle nog lewe). Nommers 1 tot 25 op die lys is die posisies soos aangedui op die amptelike webtuiste van die Britse monargie. Ander nommers is onderhewig aan die notas en bronne onderaan die lys.

15px Koning George V (1865–1936) 15px Koning George VI (1895–1952) 15px Elizabeth II (1926 - 2022) 15px Charles III (geb. 1948) (1) William, Prins van Wallis (geb. 1982) (2) Prins George van Wallis (geb. 2013) (3) Prinses Charlotte van Wallis (geb. 2015) (4) Prins Louis van Wallis (geb. 2018) (5) Prins Harry, Hertog van Sussex (geb. 1984) (6) Archie Mountbatten-Windsor (geb. 2019) (7) Lilibet Mountbatten-Windsor (geb. 2021) (8) Andrew Mountbatten Windsor (geb. 1960) (9) Prinses Beatrice van York (geb. 1988) (10) Sienna Mapelli Mozzi (geb. 2021) (11) Athena Mapelli Mozzi (geb. 2025) (12) Prinses Eugenie van York (geb. 1990) (13) August Brooksbank (geb. 2021) (14) Ernest Brooksbank (geb. 2023) (15) Prins Edward, Hertog van Edinburg (geb. 1964) (16) James, Graaf van Wessex (geb. 2007) (17) Lady Louise Mountbatten-Windsor (geb. 2003) (18) Anne, Princess Royal (geb. 1950) (19) Peter Phillips (geb. 1977) (20) Savannah Phillips (geb. 2010) (21) Isla Phillips (geb. 2012) (22) Zara Tindall (née Phillips; geb. 1981) (23) Mia Tindall (geb. 2014) (24) Lena Tindall (geb. 2018) (25) Lucas Tindall (geb. 2021) Prinses Margaret, Gravin van Snowdon (1930–2002) (26) David Armstrong-Jones, 2de Graaf van Snowdon (geb. 1961) (27) Charles Armstrong-Jones, burggraaf Linley (geb. 1999) (28) Lady Margarita Armstrong-Jones (geb. 2002) (29) Lady Sarah Chatto (née Armstrong-Jones; geb. 1964) (30) Samuel Chatto (geb. 1996) (31) Arthur Chatto (geb. 1999) Prins Henry, Hertog van Gloucester (1900–1974) (32) Prins Richard, Hertog van Gloucester (geb. 1944) (33) Alexander Windsor, Graaf van Ulster (geb. 1974) (34) Xan Windsor, lord Culloden (geb. 2007) (35) Lady Cosima Windsor (geb. 2010) (36) Lady Davina Lewis (née Windsor; geb. 1977) (37) Senna Lewis (geb. 2010) (38) Tāne Lewis (geb. 2012) (39) Lady Rose Gilman (née Windsor; geb. 1980) (40) Lyla Gilman (geb. 2010) (41) Rufus Gilman (geb. 2012) Prins George, Hertog van Kent (1902–1942) (42) Prins Edward, Hertog van Kent (geb. 1935) (43) George Windsor, Graaf van St. Andrews (geb. 1962) Edward Windsor, lord Downpatrick (geb. 1988) Lady Marina Charlotte Windsor (geb. 1992) Die meeste bronne, insluitende Whitaker's Almanack, sluit haar uit as ’n bevestigde Katoliek, maar Debrett's sluit haar in. (44) Lady Amelia Windsor (geb. 1995) Lord Nicholas Windsor (geb. 1970) (45) Albert Windsor (geb. 2007) Albert en Leopold Windsor is tot in 2015 genoem op die amptelike webtuiste van die Britse monargie, en in die 2013-uitgawe van Whitaker's Almanack ná Estella Taylor (geb. 2004) as wettige aanspraakmakers; MSN News; Debrett's en Whitaker's Almanack 2015 noem hulle ná lady Amelia Windsor en voor lady Helen Taylor. Hulle is as Katolieke gedoop en word nie voor 2012 in Whitaker's genoem nie. (46) Leopold Windsor (geb. 2009) (47) Louis Windsor (geb. 2014) (48) Lady Helen Taylor (née Windsor; geb. 1964) (49) Columbus Taylor (geb. 1994) (50) Cassius Taylor (geb. 1996) (51) Eloise Taylor (geb. 2003) (52) Estella Taylor (geb. 2004) (53) Prins Michael van Kent (geb. 1942) (54) Lord Frederick Windsor (geb. 1979) (55) Maud Windsor (geb. 2013) (56) Isabella Windsor (geb. 2016)"Lord Frederick Windsor and Sophie Winkleman welcome second baby and reveal name". Hello!. 20 January 2016. (57) Lady Gabriella Windsor (geb. 1981) (58) Prinses Alexandra, lady Ogilvy (geb. 1936) (59) James Ogilvy (geb. 1964) (60) Alexander Ogilvy (geb. 1996) (61) Flora Ogilvy (geb. 1994) (62) Marina Mowatt (née Ogilvy; geb. 1966) (63) Christian Mowatt (geb. 1993) (64) Zenouska Mowatt (geb. 1990)

Notas en bronne: Uitgesluit as Rooms-Katolieke. Hierdie uitsluiting word nie geraak deur die Perth-ooreenkoms nie. Voorheen uitgesluit weens ’n huwelik met ’n Rooms-Katoliek. Dit is op 26 Maart 2015 herroep, waardeur hul aanspraak op die troon herstel is. Op die lys van die amptelike webtuiste van die Britse monargie, "Succession". URL besoek op 9 Desember 2025. Op die lys van die Debrett's-webtuise: "The Line of Succession to the British Throne" besoek op 9 Desember 2025 Op die lys van Whitaker's Almanack 2021, Londen: Bloomsbury, , bl. 26 Opvolging soos gepubliseer met die troonbestyging van koningin Elizabeth II in 1952

Geen volledige, amptelike lys van troonopvolgers word tans onderhou nie maar die webwerf van die koningshuis lys die afstammelinge van Elizabeth II. In 2001 het die Amerikaanse genealoog William Addams Reitwiesner 'n lys van 4 973 lewende afstammelinge van die keurvors Sophia in volgorde van opvolging saamgestel sonder om Rooms-Katolieke uit te laat. Toe dit in Januarie 2011 opgedateer is, het die lys 5 753 mense ingesluit.

Geskiedenis Die huidige opvolgingswette in die Verenigde Koninkryk spruit uit die opvolgingswette van Engeland en Skotland. Daar was oorspronklik in nie een van die twee lande vaste reëls oor die aanspraakmakers nie. Die individu kon staatmaak op erflikheid, wetsbepalings, verkiesing (deur die parlement of ’n ander liggaam), benoeming (deur ’n regerende heerser in sy testament) of ’n bewindsoorname. Dit was dikwels onduidelik watter een van dié bepalings voorkeur moet geniet; die resultaat het dikwels nie berus op regsbeginsels nie, maar op die politieke of militêre mag van die aanspraakmakers.

Mettertyd het die oudste seun egter die troon bestyg; ander aanspraakmakers moes baie goed kon verduidelik hoekom hulle dié reël verontagsaam en kon bewys hul teenstanders is onwettig. Eindelik het die parlement beheer oor die opvolging oorgeneem.

Engeland duimnael|links|180px|Hendrik VII, wat die bewind oorgeneem het.

In 1485 het Hendrik Tudor, ’n afstammeling deur die vroulike lyn van die Huis van Lancaster, die troon oorgeneem as Hendrik VII nadat hy Richard III verslaan het. Richard was die laaste koning van die Huis van York en van die Plantagenêt-dinastie. Ná Hendrik se kroning in Oktober dié jaar in Londen, het sy eerste parlement gelas die troonopvolging word bepaal deur Hendrik en sy afstammelinge.Smith, G. Barnett (1892). History of the English Parliament. Ward, Lock, Bowden & Co. bl. 298.

Hendrik VII is deur sy seun, Hendrik VIII, opgevolg. Hoewel sy pa ’n afstammeling van die Lancasters was, het Hendrik VIII ook ’n aanspraak op die troon gehad deur die York-lyn omdat sy ma, Elizabeth van York, die suster en erfgenaam van Eduard V was. In 1542 het Hendrik ook die titel koning van Ierland aangeneem. Dit sou oorgeërf word deur die monarge van Engeland, en later Groot-Brittanje, totdat die Acts of Union 1800 die aparte trone as die Verenigde Koninkryk verenig het.

Hendrik VIII se verskeie huwelike sou ’n paar probleme oplewer wat die troonopvolging betref. Hy was eers getroud met Catharina van Aragon, by wie hy Maria I, of Bloedige Maria, gehad het. Uit sy tweede huwelik met Anna Boleyn is Elizabeth I gebore en uit sy derde huwelik met Jane Seymour ’n seun, Eduard VI. Volgens wet is Maria in 1533 buite-egtelik verklaar en Elizabeth in 1536. Hoewel hulle buite-egtelik gebly het, is hul aanspraak op die troon in 1544 herstel met die verstandhouding dat die finale besluit by die koning berus. Volgens Hendrik se testament moes Maria en Elizabeth opgevolg word deur afstammelinge van sy oorlede suster, Maria Tudor, die Hertogin van Suffolk. Die afstammelinge van sy oudste suster, Margaret Tudor – wat die heersers van Skotland was – is uitgesluit.

Toe Hendrik VIII in 1547 dood is, het sy jong seun, Eduard, hom opgevolg. Eduard VI was die eerste Protestantse monarg wat die troon van Engeland bestyg het; hy was sterk gekant teen die idee dat sy suster Maria, wat 'n Katoliek was, hom opvolg. Hy het dus in sy testament bepaal Maria en Elizabeth word uitgesluit van die troonopvolging en dat die dogter van die Hertogin van Suffolk, lady Jane Grey, hom moet opvolg. Ná sy dood in 1553 is Jane tot koningin van Engeland verklaar. Ná net nege dae, nog voor sy gekroon is, is haar bewind deur die gewilde Mary omvergewerp. Omdat Hendrik VIII se testament deur die parlement bekragtig is, is Eduard se testament geïgnoreer omdat dit onwettig was.

Maria is opgevolg deur haar halfsuster, Elizabeth, wat anders as baie van haar voorgangers geweier het om ’n erfgenaam te benoem.

Skotland duimnael|180px|Robert II, die eerste Stewart.

Die Huis van Stewart (later Stuart) het sedert 1371 in Skotland regeer. Die troonopvolging was streng volgens eersgeboortereg tot met die afsetting van Maria I in 1567; selfs toe is sy deur haar seun Jakobus VI opgevolg.

Ná die vereniging van die monargieë

Stuarts