Die Douglas C-47 Skytrain is 'n vliegtuig wat gebaseer is op die Douglas DC-3 en vervaardig is vir die militêre mark gedurende en ná die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig het ook deelgeneem aan die Berlynse Lugbrug.
Daar was 10 183 militêre transportvliegtuie wat van die DC-3 afgelei is. Die meeste van hulle is in twee verwante reeks vliegtuie gebou, naamlik die C-47- en R4D-reeks en die C-53-reeks en die C-117’s.
Die C-47 was ’n veeldoelige transportvliegtuig wat ’n dubbelvragdeur en ’n versterkte kajuitvloer met ’n vangblok, leikatrol en vasbindtoebehore asook ’n utiliteitsbinnekant sonder klankdemping gehad het.
Militêre variante van die DC-3 Daar was 10 183 militêre transportvliegtuie wat van die DC-3 afgelei is. Die meeste van hulle is in twee verwante reeks vliegtuie gebou, naamlik die C-47- en R4D-troepedraers/vragvliegtuie en die C-53- en C-117- troepedraers/personeel-transportvliegtuie. Daarbenewens is 149 DC-3’s en DC-3A’s wat deur burgerlike klante bestel is met militêre benoemings afgelewer, aangesien hulle voor voltooiing deur die VSA-regering oorgeneem is. Daar is ook aan 93 DST’s, DST-A’s, DC-3’s, DC-3A’s en DC-3B’s militêre benoemings toegewys nadat hulle vir militêre diens in gebruik geneem is.
C-47’s, C-47A’s en C-47B’s is in die Long Beach-aanleg en C-47A’s, C-47B’s, TC-47B’s en C-117A’s is in die Oklahoma-aanleg gebou. Daarbenewens is daar C-53’s in die Santa Monica-aanleg gebou.
Die eerste aankope deur die VSA se militêre magte het bestaan uit die oorname van kommersiële bestellings op die produksielyn en lugrederyvlootaankope ná die uitbreek van die oorlog. Sodoende het die variantbenamings C-48, C-49, C-50, C-51, C-52, C-53, C-68, C-48B, C-48C, C-49D, C-49E, C-49F, C-49G, C-49H en C-84 ontstaan. Douglas het 442 DST’s, DST-A’s, DC-3’s, DC-3A’s en DC-3B’s afgelewer voordat die produksie van burgerlike vliegtuie deur Amerika se toetrede tot die oorlog onderbreek is.
Militêre variante wat deur Douglas vir die USAAF gebou is Douglas het drie variante ingevolge USAAF-kontrakte gebou, naamlik die C-47, C-53 en C-117.
Douglas C-47 duimnael|Dubbelvragdeur, ingevoegde passasiersdeur en draagbare trappe van die C-47 Die C-47 het uit die Douglas DC-3 ontstaan en was die standaard veeldoelige transportvliegtuig van die United States Army Air Corps (USAAC)/United States Army Air Forces (USAAF). Die C-47 Skytrains het ’n dubbelvragdeur (aan die linkerkant) en ’n versterkte kajuitvloer met ’n vangblok, leikatrol en vasbindtoebehore asook ’n utiliteitsbinnekant sonder klankdemping gehad. Die eerste kontrak (vir 147 C-47’s wat in die Long Beach-aanleg gebou sou word) is op 16 September 1940 onderteken. Hierdie Kaliforniese aanleg sou gedurende die volgende vyf jaar nie minder nie as 4072 C-47/C-47A/C-47B-DL’s lewer wat deur die USAAC/USAAF bestel is asook 66 R4D-1’s wat direk deur die VSA-vloot bestel is. Daarbenewens is 5364 C-47A/C-47B/TC-47B-DK’s en 17 C-117A-DK’s in die staatsaanleg in Oklahoma City gebou.
Weens die dreigende oorlogswolke wou die Oorlogsdepartement en die Vlootdepartement nie wag vir die produksie by die Long Beach-aanleg om in volle swang te kom nie, en gevolglik het die Oorlogsdepartement ’n aanvullende kontrak (gedateer 24 Junie 1941) geteken vir ’n aanvanklike groep van 92 C-53’s wat in die Santa Monica-aanleg gebou sou word.
Die C-47 is as die C-47-, C-47A- en C-47B-variant gebou.
C-47 Die C-47-variant is uitsluitlik in die Long Beach-aanleg gebou en daarom is die agtervoegsel “DL” by die volle modelbenoeming bygevoeg. Hierdie tipe is afgelewer met Pratt & Whitney R-1830-92- radiale enjins van 1 200 perdekrag wat 1 050 perdekrag op 2 286 meter ontwikkel en brandstoftenke van 3 041 liter. Daarbenewens kon tot nege hulptenke van 377 liter in die romp geïnstalleer word. Die C-47-DL’s het hoofsaaklik van die burgerlike DC-3A’s verskil deurdat hulle versterkte metaalvloere gehad het met toebehore om die vrag vas te bind. Verder is die passasiersdeur aan die linkerkant deur ’n dubbelvragdeur vervang. Vir die laai en aflaai van moeilik hanteerbare vragte (insluitende voertuie soos Jeeps) het beide vragdeure teen die kant van die romp oopgemaak, een na die neus en een na die stert. Vir die vervoer van personeel is net die voorste gedeelte van die deur gebruik. Vir die neerlaat van valskermtroepe is die voorste deel van die vragdeur verwyder. Die leegbedryfsmassa van die C-47 was hoër as dié van die vooroorlogse DC-3A, maar omdat die maksimum opstygmassa tot 68 355 kilogram verhoog is, was die vragdravermoë van die C-47 nie laer nie. duimnael|Navigasiekoepel bo-op die romp, agter die stuurkajuit van die C-47 Vanaf konstruksienommer 9000 is alle laatmodel-C-47’s en alle C-47A’s, C-47B’s en C-117’s met versterkte vlerkpunte afgelewer. Ander verskille het bestaan uit die byvoeging van ’n navigasiekoepel agter die stuurkajuit en die installasie van kajuitvensters waarvan die middelste gedeeltes uitgestamp kon word sodat gewere as verdediging teen vegvliegtuie afgevuur kon word. Ander veranderings wat gedurende die produksieproses aangebring is, was hegpunte wat onder die romp gemonteer is sodat moeilik hanteerbare vragte of ses valskermhouers ekstern vervoer kon word en ’n sweeftuigsleephoek wat die standaard stertkeël van lynvliegtuie en vroeëproduksie-C-47’s vervang het. Hierdie eerste C-47’s en later modelle het die amptelike naam “Skytrain” gekry. In die Britse Statebond-lande en ook die grootste deel van die res van die wêreld is eers die militêre C-47’s en daarna die burgerlike DC-3’s feitlik universeel “Dakotas” genoem. duimnael|Die C-47 kon 28 valskermtroepe vervoer. Die standaard militêre bemanning van die C-47’s het uit ’n vlieënier, ’n medevlieënier, ’n boordingenieur en ’n radio-operateur bestaan. Op lang vlugte is ’n navigator bygevoeg. Tot 28 lug- of valskermtroepe het op voubanke aan elke kant van die kajuit gesit.
C-47A Die C-47A was die model waarvan die meeste geproduseer is, naamlik by Long Beach (2 954 C-47A-DL’s) en by Oklahoma City (2 299 C-47A-DK’s). Hulle enjins is, net soos in die geval van die C-47’s, met enkelspoedaanjaers toegerus. Hulle het egter ’n 24-volt- elektriese stelsel in plaas van ’n 12-voltstelsel en warmlugverwarming instede van stoomverwarmers gehad. duimnael|Die Douglas C-47 Skytrain met die reeksnommer 43-15992 word in die 1940’s gesien. Die embleem ná die nasionale kenteken lyk soos die Lugtransportkommandement-embleem. Die Douglas C-47 Skytrain met die reeksnommer 43-15992 het die konstruksienommer 20458 en het die lewe as ’n Douglas C-47A-90-DL begin, en is op 12 Oktober 1948 as ’n VC-47A benoem, is op 19 Januarie 1949 as ’n C-47A herbenoem en toe op 28 Mei 1949 as ’n VC-47A herbenoem.
C-47B Om werkverrigting op hoër hoogtes te verbeter, het 300 C-47B-DL’s en 2 932 C-47B-DK’s R-1830-90C-enjins gehad. Die tweespoedaanjaers waarmee hierdie enjins toegerus was, het hulle in staat gestel om 1 200 perdekrag met opstyging op seevlak, 1 100 perdekrag op 1 859 meter en 1 000 perdekrag tussen 3 810 en 4 419 meter te lewer.
Daar was ook ander variante van die C-47.
TC-47B In die middel van C-47B-produksie het die Oklahoma City-aanleg 133 TC-47B-DK’s gebou. Hulle was as navigasieopleidingsvliegtuie toegerus. Ekstern kon hulle op grond van die ry navigasiekoepels bo-op hulle romp onderskei word.
XC-47C Om voorsiening te maak vir die moontlikheid dat daar op baie eilande in die Stille Oseaan nie vliegvelde beskikbaar sou wees nie, is Douglas opdrag gegee om die C-47-DL met die kontruksienommer 7365 (reeksnommer 42-5671) met ’n paar Edo Model 78-pontons toe te rus. Tydens toestvlugte is daar ontdek dat die XC-47C in vlug en op kalm water bevredigend gehanteer het maar daar was tekorte tydens ander fases van bedrywighede. Van hierdie pontons is gebruik om ’n klein aantal C-47’s toe te rus.
AANTEKENING
Die hele gedeelte tot hier is op Skyleaders gegrond.
Douglas C-47-sweeftuig (XCG-17) duimnael|Die Douglas XCG-17-gevegsweeftuig word tydens vliegtoetse gesleep. Die XCG-17 was ’n eksperimentele troepetransportsweeftuig wat ’n omskepping van die C-47-DL met die konstruksienommer 4588 en die reeksnommer 41-18496 was. Die vliegtuig is op 14 Junie 1944 by die Clinton County-lughawe in ’n sweeftuig omskep. Die enjins van die vliegtuig is verwyder en die naselle is met stroomlynkappe bedek. Hoewel bevredigende resultate tydens toetse verkry is, is die sweeftuig nie gebruik nie omdat die USAAF teen daardie tyd nie meer gevegsweeftuie nodig gehad het nie. Die XCG-17 is gestoor, verkoop en in 1949 as ’n burgerlike DC-3A herbou.
Douglas C-53 duimnael|Die C-53’s het nie die versterkte kajuitvloere en dubbele vragdeure van die C-47’s gehad nie. As ’n tydelike maatreël totdat veeldoelige C-47’s van die Long Beach- en Oklahoma City-aanleg afgelewer kon word, het die USAAF 221 C-53-DO’s bestel om as troepedraers op die DC-3-produksielyn in Santa Monica gebou te word. Die C-53’s het R-1830-92-enjins gehad maar nie die versterkte kajuitvloere en dubbele vragdeure van die C-47’s gehad nie. Hulle kajuite is met 28 metaalsitplekke (in sewe rye van twee plus twee) toegerus en die tipe het voorsiening gehad om sweeftuie te sleep. Die USAAF het ook 153 C-53D-DO’s ontvang. In die geval van hierdie tipe is die metaaltroepesitplekke met banke aan die sye van die kajuit vervang (soos dié van die C-47’s).
Die C-53 Skytrooper is ook as die C-53B-DO (agt lugrame is met winteraangepaste toerusting, hulpromptenke en ’n navigasiekoepel gemodifiseer), die C-53C-DO en C-53D gebou en daar was ook ’n XC-53A-DO-variant. Laasgenoemde het die konstruksienommer 4932 en reeksnommer 42-6480 gehad en het vir toetsdoeleindes gemodifiseerde klappe en pneumatiese ontysingstoestelle gehad.
Altesaam 17 burgerlike DC-3A’s wat vir United Airlines bestem was, is tydens konstruksie gekommandeer en volgens militêre spesifikasies voltooi. Die benoeming C-53C-DO is aan hulle toegeken en hulle het die reeksnommers 43-2018 tot 43-2034 gehad.
AANTEKENING
Die hele gedeelte tot hier is op Skyleaders gegrond. duimnael|Die Douglas C-53D met die reeksnommer 6875(2) word op 5 Mei 1989 op Lugmagbasis Swartkop gesien. Die Suid-Afrikaanse Lugmag het een Douglas C-53D gebruik. Die C-53-DO met die konstruksienommer 11746 is met die USAAF-reeksnommer 42-68819 afgelewer en is met verskillende registrasienommers en op verskillende tye in die burgerlike sektor gebruik. Dit het ook in die Franse en die Joegoeslawiese Lugmag gedien. In Suid-Afrika is die SALM-reeksnommer 6875(2) aan die vliegtuig toegeken.
Die C-53 Skytrooper is as die C-53-DO asook as die C-53C en C-53D gebou en het ’n deur aan die linkerkant gehad.
Douglas C-117 Teen die einde van die oorlog was minder gevegstransportvliegtuie nodig maar meer militêre passasiersvliegtuie nodig; daarom is 17 C-117A-DK’s by Oklahoma gebou. Hulle het van die C-47B’s verskil deurdat hulle nie die versterkte kajuitvloer of dubbelvragdeur gehad nie, maar met 21 lynvliegtuigtipe sitplekke, ’n kombuis en toiletfasiliteite toegerus is. Ná die oorlog is 11 C-117A’s met R-1830-90D-enjins toegerus, en hulle is as C-117B-DK’s herbenoem.
Variante wat deur Douglas vir die VSA-vloot gebou is duimnael|Vrag met ’n hoë prioriteit word circa 1943 tot 1945 uit ’n R4D-5 gelaai. VSA-vloot DC-3-variante het die benoemings R4D-1, R4D-5, R4D-6 en R4D-7 gekry. Hulle was almal gelyk aan C-47-variante. Die R4D-2’s en R4D-4’s is as burgerlike DC-3’s geproduseer en die R4D-3’s was C-53-DO’s wat deur die USAF oorgeplaas is.
Douglas R4D-1 Die R4D-1’s het bestaan uit 66 vliegtuie wat direk deur die Vlootdepartement bestel is en 40 wat deur die USAAF oorgeplaas is en in die Long Beach-aanleg gebou is. Hulle was basies identies aan C-47-DL’s, behalwe dat hulle met spesifieke vloottoerusting soos radio’s toegerus is. Die enjins van die R4D-1 was ook R-1830-92’s.
Douglas R4D-4 duimnael|Die R4D-4 met die BuNo 07003 word op 9 April 1946 as ’n tweester-admiraalsvliegtuig van die Vlootlugtransportdiens by Oakland gesien.