Johan Blignaut (1953–1997) was ’n Suid-Afrikaanse akteur, regisseur, draaiboekskrywer en vervaardiger van rolprente oor die bruin gemeenskap. Hy is bekend vir Afrikaanse flieks soos Mamza (1985), Tojan (1986) en Die posman (1987).HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewensloop Blignaut matrikuleer aan die Dr. E.G. Jansen Hoërskool in Boksburg waarna hy van 1977 tot 1978 aan amateurteater deelneem en pryse van die ATKV vir beste akteur en regisseur wen.
Van 1975 was hy aan die Corsair-dramagroep verbonde wat op die sogenaamde gekleurde gemeenskappe gekonsentreer het. Hy het daarna 'n prominente skrywer, regisseur en vervaardiger in die teater, televisie en film geword. In 1989 het hy Showdata begin, 'n databasis van die Suid-Afrikaanse filmindustrie in die 1980's en 1990's.
Blignaut het op 17 Desember 1997 selfmoord gepleeg. Hy was 44 jaar oud.Profiel op ESAT, besoek op 13 Januarie 2016
Filmografie Absent Without Leave, 1990 The Native Who Caused All the Trouble, 1989 Davey, 1987 Die Posman, 1987 Tojan, 1986 Mamza, 1985
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Sterftes in 1997