Die Consolidated B-24 Liberator is 'n Amerikaanse viermotorige swaarbomwerper wat ontwerp is deur Consolidated Aircraft van San Diego, Kalifornië. Die vliegtuig het binne die maatskappy bekendgestaan as Model 32 en sommige van die aanvanklike eenhede is geproduseer vir uitvoer vir gebruik as LB-30's, die landbomwerperkategorie.

By sy ontstaan was die B-24 'n moderne ontwerp met 'n hoogs doeltreffende skouergemonteerde Davisvlerk met 'n hoë aspekverhouding. Die vlerk het die Liberator van 'n hoë kruissnelheid en lang togafstande voorsien en ook die bomlading verbeter. In vergelyking met sy tydgenote was die B-24 relatief moeilik om te vlieg en het swak laesnelheidsverrigting gehad; dit het ook 'n laer vliegplafon gehad en was minder robuus as die Boeing B-17 Flying Fortress. Terwyl lugbemannings geneig was om die B-17 te verkies, het weermagpersoneel die B-24 verkies en dit in groot getalle vir 'n wye verskeidenheid rolle aangeskaf. Daar is ongeveer 18 500 eenhede van die vliegtuig vervaardig (insluitend 8 685 eenhede deur Ford), 'n rekordgetal vir bomwerpers, swaarbomwerpers, multi-motorige vliegtuie en Amerikaanse militêre vliegtuie.

Die B-24 is op groot skaal tydens die Tweede Wêreldoorlog deur elke afdeling van die Amerikaanse Magte gebruik sowel as verskeie Geallieerde- lugmagte en vlote. Dit het in elke moontlike gebied van operasies diens gedoen. Saam met die B-17 het hulle die ruggraat van die Amerikaanse strategiese bombarderingoffensief in die Wes-Europese Oorlogstoneel gevorm. Ook as gevolg van sy lang togafstand was die bomwerper uiters bruikbaar in die oorlog in die Stille Oseaan, insluitend die bombardering van Japan. Langtogafstand-teenduikboot-Liberators het 'n groot rol gespeel om die gaping oor die middel van die Atlantiese Oseaan te dek tydens die Slag van die Atlantiese Oseaan. Die Liberator-vragvliegtuig het 'n langer togafstand en groter kapasiteit as sy eweknie die Douglas C-47 Skytrain gehad

Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die tegnologiese deurbrake van die Boeing B-29 Superfortress en meer moderne bomwerpers tot gevolg gehad dat die bomwerpers wat van die begin van die oorlog gebruik was verouderd was. Die B-24 is gou uit diens onttrek met die uitsondering van die Consolidated PB4Y-2 Privateer maritieme vliegtuig wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik is tydens die Korea-oorlog.

Ontwerp en ontwikkeling duimnael|XB-24 in vlug

Aanvanklike spesifikasies In 1938 het die United States Army Air Corps vir Consolidated versoek om die B-17 onder lisensie te produseer. Nadat Consolidated se uitvoerende beamptes, saam met hul President Reuben Fleet, die Boeingfabriek in Seattle, Washington, besoek het, het hulle besluit om eerder 'n meer moderne ontwerp van hul eie te bou.Taylor 1969, p. 462.

Die ontwerp vir die nuwe Model 32 was 'n samestelling van ontwerper David R. Davis se vlerk, 'n hoë-effektiwiteit vlerkprofiel met 'n onortodokse ontwerp, met die dubbelstert van die Consolidated Model 31-vliegboot, tesame in 'n nuwe romp. Die nuwe romp was ontwerp om die twee bomrakke wat dieselfde grootte en kapasiteit as die B-17 se bomrakke gehad het.

In Januarie 1939 het die ALLK, met Spesifikasie C-212, amptelik vir Consolidated uitgenooiBaugher, Joe. "The Consolidated XB-24." USAAC/USAAF/USAF Bombers: The Consolidated B-24 Liberator, 8 August 1999. Retrieved: 15 June 2010. om 'n ontwerp in te dien vir 'n bomwerper met 'n langer togafstand, hoër spoed en hoogte as dié van die B-17. Die spesifikasie was so saamgestel dat Model 32 outomaties die wenontwerp sou wees. Die program was deel van die oorhoofse groep, "Project A", 'n lugkorpsbehoefte vir 'n interkontinentale bomwerper wat in die 1930's bedink is. Alhoewel die B-24 nie aan Project A se vereistes voldoen het nie, was dit 'n stap in die regte rigting. Project A het gelei tot die ontwikkeling van die B-29 en Consolidatesd se eie B-32 en B-36.Craven and Cate 1949

Ontwerp Die B-24 was toegerus met 'n skouerhoë hoëaspek-Davisvlerk. Die vlerk was hoogs effektief wat relatiewe hoë lugspoed en 'n lang togafstand verseker het. In vergelyking met die B-17 was die vlerkspan 1,8 m wyer, maar met 'n kleiner vlerkarea. Dit het die B-24 'n 35 persent hoër vlerklading gegee. Die relatiewe dik vlerk het die potensiaal gehad vir groter brandstoftenks met groter hefkrag en spoed, maar die nadeel was dat dit onaangenaam was om te vlieg met groter vragte op hoë hoogtes en in gure weer. Die Davisvlerk was ook meer geneig tot ysvorming op die vlerk, meer as die ontwerpe van dié tyd – dit het lugvloei oor die vlerk versteur en sodoende minder stukrag tot gevolg gehad. Dit was nie 'n aangename ondervinding vir die vlieëniers nie en het opmerkings tot gevolg gehad soos: "The Davis wing won't hold enough ice to chill your drink". Die vlerk was ook makliker beskadig deur vyandelike vuur as die B-17 se vlerk; die vliegtuig kon nie soveel aanslae verduur as ander vliegtuie nie.

Daar was vier turboaangejaagde Pratt & Whitney R-1830 Twin Wasp-enjins aan die vlerk geheg met enjinkappe wat geleen is van die PBY Catalina (dit was feitlik dieselfde behalwe dat dit ovaalvormig was om voorsiening te maak vir olieverkoelers weerskante van die enjin). Die enjins het skroewe met drie veranderbare steekhoekblaaie gedraai.

Die stertvlak het twee groot ovaal vertikale stabiliseerders gehad wat aan die punte van 'n reghoekige horisontale stabiliseerder gemonteer is. Reeds in 1942 is erken dat die Liberator se hantering en stabiliteit verbeter kan word deur die gebruik van 'n enkele vertikale stertvin. Die enkelvin is getoets deur Ford op 'n B-24ST variant en 'n eksperimentele XB-24K en die bevinding was dat dit die hantering verbeter het. Tog was alle Liberators vervaardig met twee vertikale stabiliseerders met die uitsondering van agt voorproduksie B-24N vliegtuie. Die B-24N was ontwerp as 'n wesenlike modelvariant met slegs een stertvin. Daar was bestellings vir meer as 5 000 eenhede van die vliegtuig geplaas in 1945 maar dit is gekanselleer aan die einde van die jaar. Die enkel stertvin is egter gebruik vir die produksie van die Consolidated PB4Y-2 Privateer model.

Die B-24 se ruim plaatromp (wat dit die bynaam Vlieënde bokskar gegee het)Allan, Chuck. "A Brief History of the 44th Bomb Group."chuckallan.com. Verkry: 15 Junie 2010. is ontwerp en gebou rondom twee sentrale bomrakke wat elk tot 8 000 kg se bomme kon dra. Die bomrakke is selde propvol gelaai omrede dit die togafstand en hoogte beïnvloed het. Die voorste en agterste bomrakke is verder in die lengte verdeel met 'n middellyn- ventrale loopplank van net 23 cm breed,Hillenbrand 2010 wat ook as die romp se strukturele kielbalk gefunksioneer het.

'n Ongewone vierpaneelmetaalstel, tamboerpaneel roltipe bomrakdeure, wat baie soos die beweegbare omhulsel van 'n roltafelblad gewerk het, het in die romp ingetrek. Hierdie tipe deure het min lugweerstand gebied en dus kon die bomwerper se snelheid hoog bly oor die teikenarea. Dié tipe bomrakdeure het dit ook moontlik gemaak om die deure oop te maak wanneer die vliegtuig op die grond was, terwyl normale bomrakdeure te laag was om op die grond oopgemaak te kon word.Green 1975, p. 84. Soms, tydens vlugte, was daar 'n behoefte vir bemanningslede om van die voorkant na die agterkant in die B-24's se romp oor die nou loopplank te beweeg; dit was net so groot risiko as by ander bomwerpers.

Die Liberator het ruimte vir 'n bemanning van tot tien gehad. Die vlieënier en medevlieënier het langs mekaar in die kajuit gesit met 'n goeie uitsig. Die navigator en bombardier het in die neus gesit. Hulle het ook diens gedoen as masjiengeweeroperateurs deur die masjiengewere in die neus en aan die kante van die neus te bedryf.

Die navigator en bombardier het in die neus gesit in die pre-B-24H-modelle met 'n goed-omraamde "kweekhuisneus" met sowat twee dosyn geglasuurde panele en met twee beweegbare balhouers wat daarin ingebou is vir vorentoe verdedigende vuurkrag waarin 7,62 mm kaliber Browning M1919 masjiengewere geïnstalleer is. Latere weergawes was toegerus met 'n kragaangedrewe 12,7 mm kaliber M2 Browning dubbelmasjiengeweerskiettoring in die neus. Die navigator en bombardier het ook die twee masjiengewere aan die kante van die neus beman indien dit nodig was.

Die radio-/radaroperateur het agter die vlieëniers gesit, na die kant gekyk en het soms die masjiengewere aan die kante van die vliegtuig beman. Die vlugingenieur het langs die radio-operateur agter die vlieëniers gesit en hy het ook soms die dorsale skiettoring, wat agter die kajuit en voor die vlerk is, beman.

Tot vier bemanningslede kon in die middel van die vliegtuig gehuisves word wat die masjiengewere in die sye, die onderste, terugtrekbare bal skiettoring en die agterste skiettoring beman het. Die skietluike aan die sye was voorsien met deure. Die onderste skiettoring moes terugtrekbaar wees sodat daar voldoende grondvryhoogte was wanneer die vliegtuig moes land. Dit het ook minder lugweerstand gebied wanneer daar nie oor vyandelike gebiede gevlieg is nie. Die agterste kragaangedrewe stertskiettoring was heelagter, agter die stertvlak.

Die B-24 het oor 'n driewielonderstel beskik (met 'n neuswiel en nie 'n stertwiel nie) en was die eerste Amerikaanse bomwerper wat so ontwerp is. Die hooflandingonderstel van lang enkel oleostutte is van onder die vlerke laat sak. Die vliegtuig het differensiële remming en differensiële stukrag vir beheer op die grond gebruik, wat beheer van die vliegtuig op die grond moeilik gemaak het.Hillenbrand 2010, p. 64.

Bewapening Die verdedigende bewapening van die B-24 het verskil, afhangende van die rol wat die vliegtuig vertolk het. Die tranport-tipe was normaalweg ongewapen en die bomwerpers was toegerus met tot tien 12.7 mm kaliber M2 Browning masjiengewere in die skiettorings en aan die sye.

Van die eerste modelle was toegerus met 'n skiettoring in die dorsale posisie, 'n skiettoring in die stert en enkel masjiengewere aan die kante en in die geglasuurde neus. Die B-24D was aanvanklik toegerus met dorsale, buik en stert skiettorings asook masjiengewere aan die kante en weerskante van die neus wat op 'n spil kon draai. Die buik skiettoring was 'n Bendixmodel en het met 'n periskoop gewerk. Dié model was nie 'n sukses nie en is later met 'n tonnel masjiengeweer vervang, waarmee self later weggedoen is. Die latere D-modelle was toegerus met die terugtrekbare Sperry-bal skiettoring.

Vanaf die B-24H modelle is die geglasuurde kweekhuis neus vervang met 'n neus skiettoring wat die B-24 se kwesbaarhied met aanvalle van voor af grootliks verminder het. Die bomvisier was onder die skiettoring geleë.

Die langtog vloot verkenning weergawes was soms net lig bewapen. Omrede hulle op lang verkennings togte was het hulle normaalweg buite die vyand se vegvliegtuig reikafstand beweeg. Weens die belangrikheid van maksimum togafstande het massa en aerodinamika 'n belangrike rol gespeel. Baie van die vloot se B-24's het soms nie oor dorsale, buik- en neusskiettorings beskik nie. Sommiges was toegerus met 'n kanon aan die onderkant wat vas was en vorentoe gefront het.

Prototipes en diensevaluering Die Amerikaanse Leërlugkorps het 'n kontrak vir vier XB-24 prototipes in Maart 1939 toegeken met die voorwaarde dat een prototipe klaar moes wees voor die einde van die jaar. Consolidated het die prototipe betyds voltooi en reggehad vir sy eerste vlug twee dae voor die einde van 1939. Die ontwerp was 'n eenvoudige konsep maar gevorderd vir sy tyd. Consolidated het innoverende kenmerke soos die driewielonderstel en Davisvlerk geïnkorporeer in sy ontwerp.