Groothertog Nikolaas Konstantinowitsj (Russies: Николай Константинович; – ) was die eersgebore seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland en ’n kleinseun van keiser Nikolaas I.

Lewe duimnael|260px|links|Die paleis van groothertog Nikolaas Konstantinowitsj in Tasjkent soos dit tans lyk.

Hy is in Sint Petersburg gebore en toe hy groter was, was hy ’n bekwame militêre offisier en ongeneeslike rokjagter. Hy het ’n affair gehad met ’n berugte Amerikaanse vrou, Fanny Lear. Dit het daartoe gelei dat hy drie waardevolle diamante gesteel het van ’n ikoon wat aan sy ma behoort het. Hy is geestelik versteur verklaar en is na die buitewyke van die Russiese Ryk verban.

Hy het baie jare onder toesig in die gebied om Tasjkent in die suidoostelike deel van die keiserryk (nou in Oesbekistan) gewoon en het ’n groot bydrae tot die stad gemaak deur die plaaslike gebied met sy eie geld te help verbeter. In 1890 het hy vir hom ’n paleis in Tasjkent laat bou om sy groot, waardevolle versameling kunswerke uit te stal; die versameling is nou die middelpunt van die Kunsmuseum van Oesbekistan. Hy was hier ook bekend as ’n bekwame ingenieur wat twee groot besproeiingskanale laat bou het.

Nikolaas het verskeie kinders by verskillende vroue gehad.

Dood Nikolaas is op 26 Januarie 1918 aan longontsteking dood en is in Tasjkent begrawe.

Familie Hy is in 1882 met Nadezjda Aleksandrowna van Dreyer getroud; sy was die dogter van die Orenburgse polisiehoof, Aleksander Goestawowitsj Dreyer. Twee kinders is uit die huwelik gebore: Artemi Nikolajewitsj, prins Iskander (of prins Romanofski-Iskander) (1883–1919) Aleksander Nikolajewitsj, prins Iskander (of prins Romanofski-Iskander) (1887-1957)

Onder sy buite-egtelike kinders tel: Olga Nikolajewna Wolinskaja (1877–1910) Nikolaas Nikolajewitsj Wolinski (1878-1913) Stanislaf (oorl. 1919) Nikolaas (oorl. 1922) Daria (oorl. 1936) Tatjana (oorl. ?)

Sien ook Lys van groothertoë van Rusland Huis van Romanof

Verwysings

Skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Groothertoë van Rusland Kategorie:Geboortes in 1850 Kategorie:Sterftes in 1918