Groothertog Wladimir Aleksandrowitsj (Russies: Влади́мир Александрович; – ) was ’n seun van keiser Aleksander II van Rusland, ’n broer van Aleksander III en ’n senior groothertog van die Huis van Romanof tydens die bewind van sy broerskind, Nikolaas II.
Lewe Wladimir het ’n militêre loopbaan gevolg en het belangrike militêre poste beklee tydens die bewind van die laaste drie Russiese keisers. Hy het kuns- en intellektuele belange nagejaag en was voorsitter van Akademie van Beeldende Kunste. Hy was ook beskermheer van verskeie kunstenaars en ’n borg van ballet.Perry, John en Pleshakov, Constantine; The Flight of the Romanovs, Basic Books, 1999,
Tydens die bewind van sy pa, Aleksander II, is hy ’n adjudantgeneraal gemaak, asook ’n senator in 1868 en ’n lid van die Staatsraad in 1872. Onder sy broer Aleksander III het hy lid geword van die Ministersraad, bevelvoerder van die Keiserlike Wagkorps en militêre goewerneur van Sint Petersburg. Met Swart Sondag in 1905 tydens die bewind van sy broerskind Nikolaas II, het sy reputasie ’n knou gekry omdat hy militêre goewerneur was. In sy laaste jare het die kloof tussen sy familie en dié van Nikolaas II groter geword.Zeepvat, Charlott. Romanov Autumn: stories from the last century of Imperial Russia. Sutton Publishing, 2000. Hy is in 1909 ná ’n beroerte dood.
Wladimir Aleksandrowitsj se agterkleindogter, groothertogin Maria Wladimirowna, is een van die huidige aanspraakmakers op die troon van Rusland.
Sien ook Lys van groothertoë van Rusland Huis van Romanof
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Groothertoë van Rusland Kategorie:Geboortes in 1847 Kategorie:Sterftes in 1909