duimnael|links|Tradisionele steenboukuns kontrasteer met moderne argitektuur: woonhuis in Cultra Cultra [kʌlˈtrɔː] (afgelei van Iers-Gaelies Cúl Trá "Agter die Strand")Placenames Database of Ireland: CultraPlacenames Database of Ireland: Ballycultra is 'n welgestelde residensiële voorstad naby Holywood in die Noord-Ierse graafskap Down wat deel uitmaak van Groter Belfast. Dit staan veral bekend vir die Ulster Folk and Transport Museum (Volks- en Vervoermuseum van Ulster), die Royal Belfast Golf Club en die Royal Norh of Ireland Yacht Club wat almal hier geleë is. Die North Down Coastal Path, 'n staproete langs die kuslyn van Noord-Down, loop deur Cultra.
Vervoer Cultra se treinstasie is op 1 Mei 1865 geopen en word tans bedien deur treine van Northern Ireland Railways op die spoorlyn tussen Belfast en Bangor.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Noord-Ierland