Jack Black (gebore as Thomas Jacob Black op 28 Augustus 1969) is ’n Amerikaanse akteur, musikant en komediant. Hy was onder meer in High Fidelity en School of Rock te sien. Black sing of speel in talle van sy flieks kitaar en is vir twee Golden Globes genomineer.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy is ook die hoofsanger van die rockgroep Tenacious D, wat hy in 1994 met sy vriend Kyle Gass gestig het.
Lewensloop Thomas J. Black, Jr. is op 28 Augustus 1969 in Santa Monica, Kalifornië in die Verenigde State van Amerika gebore. Sy ouers is geskei toe hy 10 jaar oud was, waarna hy met sy pa na Culver City verhuis het. Op universiteit was hy 'n lid van Tim Robbins se Actor's gang, wat hom in 1992 'n rol in die speelfilm Bob Roberts besorg het. Dit was net 'n stemrol, maar die begin van sy loopbaan as akteur.
Hy tree in sy beginjare in TV-programme soos The Golden Palace en Northern Exposure op, en het in klein rolle in films soos Airborne, Demolition Man, Waterworld, The Fan, The NeverEnding Story III en The Cable Guy gespeel. Hy maak egter sy deurbraak in 2000 met High Fidelity. Hy was ook die stem van Po in die gewilde Kung Fu Panda-filmreeks.Jack Black Movie Box Office Results op Box Office Mojo. Geraadpleeg op 30 Januarie 2016.
Hy is op 14 Maart 2006 met Tanya Haden getroud. Die egpaar het twee seuns wat in 2006 en 2009 gebore is.
Filmografie duimnael|Jack Black by die première van King Kong in Berlyn, 2005 duimnael|Jack Black in 2006 duimnael|Jack Black by die première van Kung Fu Panda 2 in Sydney, 2011
Bob Roberts (1992) – Roger Davis Airborne (1993) – Augie Demolition Man (1993) – Wasteland Scrap The Never Ending Story III: Escape from Fantasia (1994) – Slip Waterworld (1995) – Pilot The X-Files (1995) – Bart "Zero" Liqouri TV-reeks Dead Man Walking (1995) – Craig Poncelet Bio-Doma (1996) – Tenacious D The Cable Guy (1996) – Rick Legatos The Fan (1996) – Broadcast technician Mars Attacks! (1996) – Billy Glenn Norris The Jackal (1997) – Ian Lamont Bongwater (1997) – Devlin Enemy of the State (1998) – Fiedler I Still Know What You Did Last Summer (1998) – Titus Telesco Cradle Will Rock (1999) – Sid Jesus’ Son (1999) – Georgie High Fidelity (2000) – Barry Saving Silverman (2001) – JD McNugent Shallow Hal (2001) – Hal Larson Orange County (2001) – Lance Brumder Ice Age (2002) – Stem vir Zeke School of Rock (2003) – Dewey Finn Envy (2004) – Nick Vanderpark Anchorman: The Legend of Ron Burgundy (2004) – Motorfietsryer Shark Tale (2004) – Stem vir Lenny King Kong (2005) – Carl Denham Nacho Libre (2006) – Nacho Tenacious D in The Pick of Destiny (2006) – Jack "Jables" Black The Holiday (2006) – Miles Margot at the Wedding (2007) – Malcolm Walk Hard: The Dewey Cox Story (2007) – Paul McCartney Be Kind Rewind (2008) – Jerry Gerber Kung Fu Panda (2008) – Stem vir Po Tropic Thunder (2008) – Jeff "Fats" Portnoy Year One (2009) – Zed Community (2010) – Buddy TV-reeks iCarly (2010) – Aspartamay TV-reeks Gulliver’s Travels (2010) – Gulliver Kung Fu Panda 2 (2011) – Stem vir Po Fight for Your Rigt Revisited (2011) Bernie (2011) – Bernie Tedie The Big Year (2011) – Brad Harris The Muppets (2011) – Homself Drunk History (2013) – Elvis TV-reeks Sex Tape (2014) – Eienaar van YouPorn The D Train (2015) – Dan Landsman Goosebumps (2015) – R. L. Stine Kung Fu Panda 3 (2016) – Stem vir Po
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu