Die Mokolodam-natuurreservaat (voorheen Hans Strijdom-natuurreservaat) is in die bosveld rondom die Mokolodam in Limpopo geleë. Die reservaat is net 46 km³ groot en word deur die Waterberg omring. Daar is suur- en soetveld en besoekers word veral deur watersport, voëlkyk en visvang gelok. Daar kan vir grootbekbaars, kurper, karp en baber gehengel word, maar mens moet versigtig wees vir krokodille.
Van die voëls wat hier aangetref word, is: Kuifkophoutkapper Visarend Bruinkopvisvanger Gryskopmossie Kolgans Rooikeelbyvreter Langstertlaksman
Verwysings
Kategorie:Natuurreservate in Limpopo