Fyntamboekiegrasook: blougras, rooigras, dekgras (Hyparrhenia filipendula (Hochst.) Stapf) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika, Lesotho, Eswatini, Mosambiek en Botswana is. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit kom in die bosveld voor.
SANBI vermeld twee subspesies: H. f. var. filipendula H. f. var. pilosa
Dit het 'n groot voorkomsgebied wat die tropiese Afrika, Madagaskar en Sri Lanka tot Australië omvat.
Dit is 'n slank meerjarige grasspesie wat polle vorm en 'n wortelstok het. Dit kan 60 – 200 cm lank word en die blare kan 30 cm lank en 4 mm breed wees. Die stekeltjies is glad en 5,5 – 7 mm lank. Die trosse is 10 – 12 mm lank. Hul basisse is rolrond en ongelyk. Die blomstele se stekeltjies het 'n baard wat 1 – 5 mm lank is.Grasses of Soutern Africa
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Grasse Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika