Groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland (Russies: Михаи́л Никола́евич; – ) was die jongste kind van keiser Nikolaas I van Rusland en prinses Charlotte van Pruise (keiserin Aleksandra Fjodorowna), en een van die stamvaders van die takke van die Russiese keiserlike familie. Hy was ’n militêre leier, staatsman, veldmaarskalk Шилов Д. Н. Государственные деятели Российской империи. — СПб., 2002. — С. 475. en voorsitter van die Russiese Staatsraad (1881-1905).
Biografie Michail is in Peterhof by Sint Petersburg gebore en na sy pa, Nikolaas I, se jonger broer Michail Pawlowitsj genoem.
Sy militêre loopbaan het in 1846 begin en in 1852 het hy ’n veldmaarskalk geword. Van November 1852 tot Mei 1855 was hy bevelvoerder van Wagartilleriebrigade. Hy was ook van die begin van die Krimoorlog daarby betrokke. Vir besondere diens by die Slag van Inkerman het hy die Orde van Sint Joris ontvang. Van 1855 af was hy die bevelvoerder van verskeie eenhede. Van 1862 tot 1882 was hy onderkoning van die Kaukasus, met Tbilisi as setel, en bevelvoerder van die Kaukasiese weermag.
Op 13 Maart 1881 was Michail vir tee in die Michailofski-paleis in Sint Petersburg saam met onder andere sy broer Aleksander II. Aleksander het op pad terug na die Winterpaleis in ’n sluipmoordaanval gesterf. Michael het kort ná die tweede, noodlottige ontploffing op die toneel aangekom.
Op 14 Julie 1881 is hy ook as voorsitter van die Staatsraad aangestel.
Familie duimnael|305px|Die paleis van Michail Nikolajewitsj by Peterhof.
In 1857 het Michail op 25-jarige ouderdom in die huwelik getree met prinses Cecilia van Baden (later Olga Fjodorowna), die jongste dogter van groothertog Leopold van Baden. Hulle het ses seuns en ’n dogter gehad: Родословная книга Всероссійскаго дворянства. // Составилъ В. Дурасов. — Ч. I. — Градъ Св. Петра, 1906. Nikolaas (1859-1919) Anastasia (1860-1922) Michail (1861-1929) Georgi (1863-1919) Aleksander (Sandro; 1866-1933) Sergei (1869-1918) Aleksei (1875-1895)
Van 1857 tot 1863 is ’n paleis vir die hertog en sy nuwe vrou aan die Paleisoewer in Peterhof gebou: die Nuwe Michailofski-paleis.
Dood Michael is op 18 Desember 1909 in Cannes, Frankryk, oorlede. Hy was die laaste oorlewende wettige kleinkind van Paul van Rusland.
Sien ook Lys van groothertoë van Rusland Huis van Romanof
Verwysings
Verdere leesstof Струковъ, Д.П. Августйшій генералъ-фельдцейхмейстеръ великій князь Михаил Николаевичъ, Sint Petersburg, 1906 Казовский, М.Г. Любить нельзя расстаться, Amarkord, 2011
Eksterne skakels Биография на сайте «Русская императорская армия» Биография на Хроносе Багрянородный Великий Князь Михаил Николаевич Романов (к 173-летию со дня рождения
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Russiese Wikipedia
Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Groothertoë van Rusland Kategorie:Geboortes in 1832 Kategorie:Sterftes in 1909