Die Komsberg is 'n bergreeks wat van oos na wes oor die Noord- en Wes-Kaapse grens strek. Dit lê noord van die Moordenaarskaroo, waar dit 'n deel van die eskarp tussen die Roggeveld- en Nuweveldberge uitmaak; dit is 45 km lank en strek van die Verlatenkloofpas af tot aan die Dwykarivierravyn.https://www.researchgate.net/figure/229102577_fig1_Fig-1-The-southern-Roggeveldberge-and-the-Komsberg-indicating-the-highest-points 'n Sytak van die Gouritsrivier, naamlik die Dwykarivier, ontspring in die Komsberg. Die Komsbergpas gaan oor die berg. Die hoogste punt van die Komsberg is 1 742 m bo seevlak.
Sien ook Komsbergpas
Bron Cape West: 2de uitgawe. A relief map of the most southerly part of Africa.
Verwysings
Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Noord-Kaap Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Groot Eskarp, Suider-Afrika