Konstantyn Pawlowitsj (Russies: Константи́н Па́влович; – ) was ’n groothertog en tsesarewitsj van Rusland en onderkoning van Kongres-Pole.

Jeug en agtergrond Konstantyn was die tweede oudste seun van tsaar Paul van Rusland en Sophia Dorothea Augusta Louisa van Württemberg, in Rusland beter bekend as Maria Fjodorowna.

Hy is streng deur sy ouma keiserin Katharina die Grote grootgemaak. Dit was haar ambisie om hom op die troon van Griekeland te plaas. Katharina is in 1796 oorlede en is opgevolg deur Konstantyn se pa, Paul. Hy is egter in 1801 vermoor deur ’n groep offisiere wat Konstantyn se oudste broer, Aleksander I, op die troon wou hê. Toe Aleksander tsaar word, het Konstantyn die nuwe tsesarewitsj (troonopvolger) geword.

Loopbaan duimnael|links|200px|Konstantyn by die Slag van Novi.

Konstantyn het in 1799 deelgeneem aan die Italiaanse veldtog teen Napoleon Bonaparte, waar hy hom onderskei het by die Slag van Novi.

Aleksander het hom in 1815 benoem as opperbevelvoerder en later as onderkoning in die Kongreskoninkryk Pole, wat in daardie jaar gestig is. Hy het die leër hervorm, maar het nie geweet hoe om steun te verwerf nie. Hy het met ’n ystervuis regeer, maar ná sy morganatiese huwelik met die Poolse gravin Joanna Grudzińska in 1820 het hy meer gewild geraak.

Ná die troue het hy in 1822 afstand gedoen van sy aanspraak op die Russiese troon. Dit is egter geheim gehou en ná die dood van Alexander I in 1825 het verwarring ontstaan oor die troonopvolging. Konstantyn is in sy aanwesigheid tot tsaar verklaar, maar is nooit gekroon nie. Toe sy jonger broer, Nikolaas I, na vore tree om tsaar te word, het ’n groep wat as die Dekabriste bekend was, in opstand gekom. Die opstand is deur die nuwe keiser Nikolaas I onderdruk, maar het tweespalt tussen die broers veroorsaak.

In 1830 het die Novemberopstand in Pole uitgebreek. Weens sy onbegrip en onbevoegdheid het Konstantyn beheer oor die weermag verloor en is ’n mislukte sluipmoordaanval op hom uitgevoer. Om te keer dat die opstand uitbrei, het hy en sy troepe Warskou inderhaas ontruim. Daarna het hy na Pole teruggekeer om dit te probeer onderdruk.

Dood en nalatenskap Kort daarna, op 27 Junie 1831, is hy in Witebsk (nou in Belarus) aan cholera dood. Hy het die keiserlike familie voortdurend uitgedaag en dit is in Rusland as dapper beskou, maar in Pole is hy gesien as ’n tiran en wrede despoot wat deur die soldate én die burgerlikes gehaat is.

Sien ook Lys van groothertoë van Rusland Huis van Romanof

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Groothertoë van Rusland Kategorie:Geboortes in 1779 Kategorie:Sterftes in 1831