William Beinart (1951-) is ’n geskiedkundige en Afrikanis. Sy werk sluit in ’n algemene geskiedenis, Twentieth-Century South Africa, asook The Rise of Conservation in South Africa: Settlers, Livestock, and the Environment en Prickly Pear: A Social History of a Plant in the Eastern Cape.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Beknopte biografie William Beinart is op 19 Januarie 1951 in Kaapstad, Suid-Afrika gebore. Hy ontvang sy opleiding aan die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van Londen se Skool vir Oosterse en Afrika-studies. Van 1983 tot 1997 doseer hy aan die Universiteit van Bristol. Hy is tans 'n professor in rasseverhoudinge aan die Universiteit van Oxford, waar hy op Suid-Afrika en die ontwikkeling van rassisme fokus.
Publikasies
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse geskiedkundiges Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van die Universiteit Kaapstad