Die sandkoolook: wildepatat, boegoekruid (Othonna auriculifolia Licht. ex Less) is 'n plant wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap asmede die westelike Vrystaat voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.
Dit is 'n meerjarige geofiet met 'n raapvormige koudeks wat een of meer wollerige krone het.Illustrated Handbook of Succulent Plants: Dicotyledons Springer Science & Business Media, 2002, , bls. 23 Die plant se loof is giftig vir kleinvee.Traditional Veterinary Practice in Africa TZ-Verlag-Ges., 1994 , , bls 143
Dit is saam met Passerina truncata kenmerkend aan die Passerina-truncata-tipe bergrenosterveld van die Hantam-Tankwa-Roggeveld-streek. Hierdie tipe renosterveld word net op doleriete op hoogtes van 1500 m en meer op die Hantamberg en in hooggeleë dele van die Roggeveld aangetref. Hier groei baie struikgewas, maar min grasse of eenjarige plante.Vegetation of the Hantam-Tanqua-Roggeveld subregion, South Africa. Part 1: Fynbos Biome related vegetation Koedoe 50(1) Kaapstad Jan. 2008
Verwysings
Eksterne skakels iSpot beelde
Kategorie:Othonna Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika